Botswana | What the people say

10 out of 10 for this one
We give Drive Out and Bhejane 4×4 Adventures full marks!
This Trans-Botswana tour of the Caprivi, Victoria Falls and Chobe National Park was an incredible experience.
I could add many other adjectives, such as spectacular, interesting, educational, adventurous et cetera.
I could write a book about all we saw, learnt and experienced, but I’ll stick to a great big thank you to Drive Out for offering this tour at an affordable rate in association with Bhejane.
From 27 May to 6 June 2010, 22 of us, plus a youngster of 18 months, were given first-class treatment. We were spoilt with great food, tea and coffee, smiles all round and friendly chats. The Bhejane team was excellent!
Tour leader Frank Carlisle was a fountain of knowledge and Vic Ives was equally forthcoming with information and advice – nothing was too much for either of them. They share a passion for nature and made us feel right at home.
Petri Cronje made short work of wrapping the ladies around his finger with his great sense of humour and with the help of Johannes Leotwane made sure our tents were ready by the time we got to camp.
Johannes was the quieter of the two, but just take one look in the direction of the coffee pot and he’s there to pour for you.
Our wives were all keen to poach Senana Seforo, given that he cooks such delicious food. Every day he had something special on the menu.
Every evening at dinnertime Frank humbled us with grace, giving thanks to the Creator for His omnipotence and His wonderful creation, which we had the privilege of observing and enjoying.
Thank you to the sponsors who provided maps and stationery, caps and bags, which came in handy when we had to take everything over to Nguma in mokoros!
MARTHELLA VAN DIJK
(on behalf of the tour group)
Marius and Mariska van Wyk
What would you do differently next time?
This is an excellent introductory tour of Botswana. Everything was so nice you wanted to spend more time everywhere. I would have liked to walk a bit more and spend more time looking for game.
Essential gear?
My ARB tyre deflator works like a charm. Also my high-lift jack, rooftop tent, inverter and camera-and-laptop case behind my seat. My 5-year-old KWV can stand in it …

Willie and Kobie Booysen
Highlight:
Having to cross the waters with all our baggage on mokoros at Guma Island.
Most useful gear?
Port-a-pottie

Jaco and Heila Robberts (with Philip [2] and Madelein [1])
What would you do differently next time?
We want to spend more time in reserves. We want to see more game.
Essential gear:
Headlamps! I will now buy headlamps for both my children.

Davon, Aurora and Kiera Lamprecht
Highlight:
The time around the fire at night
Most useful gear?
My Nüvi 500 GPS. Especially when we were in the towns
Unnecessary gear:
Mattress pump – we have padded Oztent stretchers.
TRANS BOTSWANA | CAPRIVI, VICTORIA VALLE & CHOBE
Ons lees in WegRy se Mei-uitgawe van ‘n lesersaanbod na Botswana en besluit op die ingewing van die oomblik om plek te bespreek.
Dis met groot afwagting wat ons uitsien na die wegbreek saam met WegRy en Bhejane 4×4 Adventures.
Vriende en familie is saam met ons bly. Sommige beny ons selfs die avontuur wat voorlê en ander vertel grootoog, van meestal hoorsê verhale, van wat ons kan verwag.
Uiteindelik breek die tyd aan en op 31 Augustus val ons in die pad.

Dag 1 ontmoet ‘n onseker en vreemde groep mense mekaar by Lethlakane naby Orapa en ons vertrek in ‘n konvooi na Kubu-eiland, hoofligte aan en in radiokontak met mekaar en ek glo elkeen wonder so in die stilligheid waarvoor hy of sy homself ingelaat het.
Douwe, ons toerleier het ons boonop gewaarsku dat ons eerste oorslaap ‘n “droë” stop is, bedoelende geen water en geen storte, ablusie- of kombuisgeriewe nie.
Net een “longdrop” tussen die 29 vreemdelinge van ons.
Dis egter met oopmond verwondering wat ons by die voertuig se vensters uitkyk.
Sover as wat jy kan sien strek oop wit panne na voor, agter en langs die kant. Te oordeel aan die diepgetrapte spore het 4×4 voertuie moontlik slegs ‘n maand tevore meer vasgesit en rondgegly as vooruitbeweeg.
Ons weet nie of ons bly of jammer moet voel dat ons nie eers ‘n bietjie hoef te sukkel nie.
Uiteindelik bereik ons die eerste oorslaapplek. Omring deur reuse kremetartbome en absolute stilte weet jy dadelik dat jy op vakansie is. Weg van die geraas en bekommernisse van die stad.
Later ry ons uit oor die panne en beleef ‘n sonsondergang waarvan jy nog net in 4×4 tydskrifte soos WegRy gelees het.
Terug by die kamp word die laaste bietjie twyfel oor of ons die regte besluit geneem het finaal in die kiem gesmoor.
Die vure en koffiewater staan reeds gereed. Die moerkoffie is ‘n gunsteling wat menige stadsjapie laat terugverlang na sy kinderjare by oupa en ouma op die plaas.

Ons word voorgestel aan die res van die span. Matthew, die oulikste grapjas wat die heerlikste disse, koek en nagereg kan voorberei. Marquerite, die borrelende atleet met die aansteeklikste laggie, Senane die vriendelikste bakker in die land en Johannes die stiller helper, maar wat altyd op die uitkyk is waar hy ‘n hand kan bysit.
Hierna word ons bederf met ‘n aandete wat menige kok in die stad se hotel- en restaurantkombuise sal laat skaamkry.
Die potbrood is ‘n treffer (en is gelukkig vir die res van die 10 dae elke aand deel van die spyskaart) sowel as, kan jy glo, nagereg.
Ja, élke aand ‘n ander soetproppie om die dag mee af te sluit. En tot ons grootste verbasing bly sit jy op jou stoel. Staan nie eens op om ‘n bord, mes, vurk, beker of selfs servet neer te sit nie. Nee, sodra jy klaar is word dit by jou weggeneem.
Dag 2 Te vinnig is die eerste dag verby en vertrek ons na ons volgende kampplek naby Maun. Dis met vreemde heimwee wat ons die panne agterlaat. Wens ons kan nog bietjie langer bly. Net die wete van nog avontuur laat ons aanbeweeg.
By Drifters Camp wag Matthew, Senane en Johannes ons weer vriendelik in. Tente opgeslaan, koffiewater gereed soos altyd.
Moet sê, dit was lekker om sommer kaalvoet op die groen gras te gaan lê, om van die warm storte nie eens te praat nie.
Ons drink ‘n drankie by die kroeg wat oor die rivier uitkyk en terwyl die son stadig wegsak besef ek hoe gelukkig en geseënd ons is om die natuur op so ‘n wonderlike manier te kan beleef.
Dag 3 heers daar ‘n stille opgewondenheid onder die groep mense.
Vandag vlieg ons oor die Okavango Delta vanaf Maun-lughawe. Wat ‘n belewenis.
Massas en mass
as water so ver as wat jy kan sien in poele, plasse en kanale met honderde eilandjies tussen-in. En van bo uit die lug kyk ons af op troppe buffels en olifante, seekoeie en selfs ‘n paar kameelperde. ‘n Prentjie wat ek nooit sal vergeet nie.
Ons beweeg aan na ons kampplek langs die Delta-mond, Sepupa Swamp Stop waar ons twee nagte oorslaap.
Dag 4 Na ‘n heerlike nagrus vertrek ons die volgende oggend op ‘n bootrit van 5 ure op die Delta en geen woorde of selfs foto’s kan vir iemand vertel wat ‘n belewenis dit is nie. Op en af en heen en weer beweeg die bote in die kanale tussen die palmiete, riete en renostergras.

Die voëlkenners onder ons snak elke nou en dan na asem.
Hier ‘n visarend en ‘n valk, daar ‘n lepelaar, ooievaar, springkaanvoël en duiker, ook visvangers, slanghalsvoëls en kolganse – te veel om op te noem – om van die krokodille en seekoeie nie eens te praat nie.
Maar al was daar ook geen dier of voël in sig nie was die kalmerende invloed van soveel water en die grootsheid van die natuur genoeg om jou van alle pyne, skete en probleme te laat vergeet.
Die aand om die vuur kan ons sien Douwe se oë blink meer as gewoonlik. Hy vertel met ‘n stoute glimlag van ons volgende oorslaapplek, Ngepi in die Caprivi-strook waar ons drie nagte oorslaap. Sonder om die aap uit die mou te laat weet ons dat dit iets met die abblusie-geriewe te doen het.
Dag 5 vertrek ons na Namibië en oppad daarheen stop ons eers by Tsodilo Hills, bekend vir sy rotstekeninge.
Ons klouter oor rotse en klim in grotte rond waar ons ons vergaap aan die kunswerke van baie jare gelede.
Na ‘n stappie van so 2 ure is ons terug in die parkeerterrein waar ons middagete nuttig.
Die inrit na Ngepi moes ons al gewaarsku het dat die eienaar van die plek ‘n man is met ‘n sin vir humor. Met tekens langs die pad soos “you will NOT get stuck!” en “No 4×4 needed but it helps them justify the cost of buying one” moes ons geweet het hier kom ‘n ding.
Daar aangekom haas ons ons dus so vinnig moonlik daarheen en nooit in my lewe het ek gedink ‘n mens kan die troon, bad en stort op soveel moontlike maniere in die natuur plaas en benut nie. Met name soos “The Throne”, “Royal Flush”, “The toilet of Eden”, ”Tarzan en Jane”, ”Starlight Bathroom” en “Bosuitkyk” kan jy jouself dalk probeer voorstel wat ons gesien het. Niemand kan kla dat daar nie ‘n gerief na sy smaak was nie.
Ons eetplek kyk uit oor die Okavango-rivier en dis hier waar ons as groep mense regtig teenoor mekaar ontspan.
Die vreemdheid tussen ons het verdwyn, almal ken nou al almal se name en jy weet sommer hierdie is mense wat jy altyd sal onthou.
Daar was byvoorbeeld die Xtreme Team wat gesorg het vir lekker lag en goeie gees. Aan die anderkant was daar die “Die Hards”, die ouer garde wat vir niks teruggestaan het nie. Nooit, maar nooit gekla het oor die slapery in tente, die opblaas van matrasse (wat soms deur die nag afgeblaas het nie), die ver afstande wat gery is nie – oor net mooi niks.
Voorwaar vir ons ‘n voorbeeld om so te wil verouder.
Te vinnig breek die laaste skof van ons ekspedisie aan.
Dag 8 ry ons weer in ‘n konvooi na Kasane waar ons drie nagte oorslaap by Tshebe Safari Lodge naby die Chobe Nasionale Park.
Van hier besoek ons die Victoria Valle, via Zimbabwe en die vreesloses onder ons waag ons lewens om te gaan rotsklim en op die “Big Swing”.
Die minder waaghalsiges verkies om die valle vanuit ‘n helikopter te besigtig. Arme Douwe het sy hande vol om die groep weer bymekaar te kry nadat elkeen sy eie koers ingeslaan het maar trou aan sy rustige geaardheid laat hy dit maklik lyk.
Vir ‘n beter toerleier kon ons nie gevra het nie. Jonk en oud hang aan sy lippe en sy kennis van diere en voëls is indrukwekkend. ‘n Ware mens-mens, ‘n gesinsman wat met liefde van sy vrou, kinders, land, godsdiens en die natuur praat.
Dag 10 word ons trakteer met ‘n wildrit op ‘n oop voertuig deur die Chobe Nasionale Park en hier is ons bevoorreg om ons vas te ry in drie swartwitpense – menige van ons se eerste keer om hierdie diere in lewende lywe te sien. Ons sien ook groot groepe olifante en kyk met verwondering hoe hierdie diere regop staan en slaap teen die bome en hoe beskermend die koeie hul kleintjies afkeer en beskut as die voertuie nader beweeg.
Die laaste aand vertrek ons op ‘n bootrit van drie ure op die Chobe rivier vir die volmaakte afsluiting van ‘n droomvakansie in Afrika.
Voëls, krokodille, seekoeie en olifante is volop langs die water en net toe die son aan die horison raak stap drie olifante op ons boot af.
Ons sit tjoepstil en hulle klim reg langs ons boot in die water en na ‘n paar tree begin hulle oor die rivier swem. Ons volg hulle totdat hulle teen skerp skemer aan die oorkantste wal uitklim en die Chobe reservaat stil-stil instap. Met die wegstap van hulle groot lywe die donker bos in laat dit my dink aan die gepaste “DIE EINDE”. (woorde het ek in elk geval nie om hierdie toneel te beskryf nie.)

Die volgende oggend groet ons mekaar stil, maar met die wete dat ons mekaar weer sal kontak of iewers sal raakloop.
Nuwe vriendskappe is gesmee in Afrika.
Dankie Bhejane. Dankie WegRy!!
Louwrens Rieckert
Baie baie dankie vir die kans wat jul ons as lesers gegee het om te kon gaan op die toer na Botswana (18-28 Aug 09), saam met WegRy en die toergroep Bhejane 4×4 Adventures.
Dit was een word : Fantasties!! Kan dit nie beter beskryf nie.
Moet sê hul is werklik ‘n groep wat ons kan aanbeveel by enige een wat op ‘n toer sou wou gaan.
Hul is baie profesioneel en weet wat hul kliente sou wou hê om die tydjie te geniet.
Hul is werklik ‘n toergroep wat waarde vir geld gee!
Weer eens dankie
Andries en Marlene Levey

Ek wil WegRy net bedank vir die lesersaanbod vir die Trans-Botswana-toer.
Ek en my vrou wou al jare lank Botswana toe gaan, maar was nie lus om dit alleen aan te pak nie.
Ek het nog dieselfde dag wat ek die tydskrif gekoop het vir die toer bespreek. ‘
n Mens is natuurlik ook bietjie bekommerd oor wie saam met jou op die toer sou gaan, maar dit was almal WegRy se mense, wat geweet het hoe om ander te respekteer.
Ons het ‘n wonderlike tyd gehad en ‘n groot deel van Botswana in net 11 dae gesien.
Volgens verslae is dit die meeste water wat die delta in 40 jaar gehad het.
Ons het troppe olifante en buffels gesien. In die verskillende reservate het ons allerhande diere gesien.
Ons is voëlkykers en moet sê dat ons die menigte voëls geniet het. Dit was ‘n besoek duisend!
Die rede vir my brief is om jou te laat weet dat Bhejane 4×4 hulle baie goed van hulle taak gekwyt het.
Frank en sy span was werklik puik. Niks was vir hulle te veel moeite nie, en hulle het uit hulle pad gegaan om die vakansie so aangenaam moontlik vir ons almal te maak.
Die aandetes was uit die boon
ste rakke. Hulle was ook die heeltyd besorg oor ons as besoekers, en ons veiligheid het voorrang geniet.
Ons sal hulle sonder twyfel aanbeveel aan enigiemand wat daarin sou belangstel om op so ‘n selfrytoer te gaan.
Ons wil ook net dankie se vir die geskenke wat ons ontvang het omdat ons deel van die WegRy-toer was.
Baie dankie vir al julle harde werk om so ‘n goeie tydskrif saam te stel.
Nico & Marietjie Barnardt

This is a report back from very satisfied customers who participated in the recent “Drive Out/Bhejane” Tour of Botswana.
Firstly our thanks go to Drive Out for their generous gift packs of tog bags and beanies … suddenly order reigned inside the vehicles as all the small parcels were opened. It’s amazing how keeping your head warm improves ones outlook on life on a freezing morning at Kubu Island,
Of course the endless supply of flavorful ‘moer’ coffee from the fire helped too.
The Bhejane staff worked wonders and the tents were always up in time, the food delicious (and plentiful) and the choice of campsites wonderful.
The atmosphere they create at the camps rapidly brings strangers to become friends.


The Tour Leader, Frank, was a mine of information as we drove along and his radio commentaries welcome.
For those of us on our first convoy it was very educational to be taught convoy safety rules and everyone completed the tour in absolute safety.
Convoy etiquette is something that 4×4 schools don’t seem to teach – yet so simple and necessary.
The teaching of other 4×4 tricks in a subtle way improved everyone’s knowledge without creating a ‘challenge’ culture so the sites could be visited in an ecologically friendly manner and most importantly drivers were relaxed but alert.
Despite the variation of vehicle makes and types from soft roaders to fully equipped 4×4 trans-Africa machines the routes were all managed easily.
It was dry and mud free which also helped!
One reads the advert of the tour, but doesn’t realize what a difference really professional tour staff make, or the amount of work that they put in – not a single guest washed a dish the whole trip.
The number of “freebies” such as boat cruises makes the tour real value for money.
I mean the advert talks of a “boat trip on the Okavango river” – not about a whole day drifting among the water lilies, a guide who catches crocodiles with his bare hands and calls fish eagles down, so you can get that special photo… Or about lunch on an island … Or about a free fishing trip. The list goes on.

Tips for other travelers:
- Take a collapsible loo tent with a loo seat along for the better half, for when the convoy stops for breaks
You might be out of sight from cars 1-4, but cars 9 and 10 will see you – and the bushes aren’t always big enough anyway. - Pack your camp chairs at the top where you can get them out easily for the lunch stops.
- The new “Ostrich Wing” awning from African Outback is a winner. It can be open and shut by one man in quarter of the time of most awnings and provides more shade than most.
(Besides which it needs a roof rack and might stay attached to your car longer). - Don’t over stock with food and drinks – Botswana has plenty shops from which to buy as you go, Spars and PEP are everywhere.
- Keep your shoes handy and together as some of the Botswana Disease Control points insist on wiping all the shoes.
- Come back from Kasane via Vic Falls and Bulawayo to Francistown, the road is good, quiet and scenic even if an hour longer than via Nata.
After 2500 photos and 6 hours of video and a heap of great memories we are very glad we went on the tour with you.
Chris and Rina Goodale, Witbank

Ons het so pas teruggekeer van n baie geslaagte 4 x 4 toer deur Botswana wat deur WegRy en Bhejane 4 x 4 Adventures toere aangebied is.
Omdat ons reeds senior burgers is – ekself is 81 jaar en my vrou 71 – en ons seun wat ons vergesel het a.g.v. n ernstige motorongeluk moeilik beweeg en onduidelik praat.
En omdat ons nog nie voorheen soortgelyke toere meegemaak het nie was ons aanvanklik so n bietjie huiwerig en onseker of ons altyd sou kon byhou en aan die aktiwiteite sal kan meedoen.
Maar danksy Frank – en sy span het ons nooit uitgesluit gevoel nie.
Daar was altyd n ondersteuningsspan wat teen alletye uiters profesioneel opgetree het.
Die hulp en bystand wat ons geniet het was vir ons n riem onder die hart.
Die volgende insident is n sprekende bewys hiervan:
Oppad na Sepupa het n bout van die veerstelsel van ons “ Offroad Trailer” gebreek, met die gevolg dat die as van die wa agtertoe geskuif het.
Gelukkig was ons deurmiddel van n tweerigting radio met die res van die konvooi in verbinding.
Met die hulp van Rolf wat deel van die span uitgemaak het, is die probleem egter gou opgelos en kon ons voortgaan.
In soverre dit die spyseniering betref, dit was puik danksy Mathew en sy helpers.
Ons was al by n paar geleenthede op oorsee se toere maar ek moet se die wyse waarop Bhejane 4 x 4 toere aangebied word oortref dit by verre – doen so voort Bjejane
Oom Wessel van Rensburg, Robertson




