Pajero sport sleep van karavaan
Get connected: comment, discuss, share your experiences and air your opinions on Drive Out’s 4x4 off-road and African overland travel-enthusiasts’ forum.

Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.

Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.

Het enige iemand dalk ondervinding met die sleep van 'n veldwa met die 2010 Pajero Sport? Ek is 'n bietjie teleurgesteld daarmee. Ek sleep 'n Chobe 1 teen ongeveer 110km/h en enige opdraande is 'n redelike gestoei. Enige opinie?

Replies

Buks, wat weeg jou Chobe en

Buks, wat weeg jou Chobe en watter Pajero Sport het jy - die petrol of die diesel? En is die voertuig self ook gelaa? Hoeveel passasiers?

Ek dink enige voertuig gaan 'n bietjie knor met al daai gewig. Onthou, jou ryding weeg min of meer 2 ton. Nou, met passasiers, sleepding, bagasie, ens kan jy amper nog 'n ton aanlas.

Skielik is die gestoei nie meer so vreemd nie!

Jaco

Hi jaco   Diesel Pajero 3.2

Hi jaco

 

Diesel Pajero 3.2 DI-D. Die Chobe weeg ongeveer 850.00kg gelaai en daar is 5 persone in die Pajero.

 

Buks

Daardie Pajero behoort die

Daardie Pajero behoort die Chobe soos 'n droom te sleep. Die 3.5 V6 enjin sowel as die opgegradeerde 3.2 Common Rail diesel enjin het oorgenoeg krag om met daardie wa weg te hol. Baie keer weet mense nie hoe om 'n sleepvoertuig te ry nie. Veral die handrat pertolenjins het toere nodig om die werk te verrig terwyl die diesels die werk teen baie laer toere verrig. Die Pajero Sport is ook beskikbaar met dieselfde automatiese ratkas as wat my Pajero in het met 'n verbeteringkie hier en daar. Wanner ek sleep gebruik ek meestal die "Tiptronic"-funksie op die ratkas.

Ek sleep 'n Conqueror

Ek sleep 'n Conqueror Conquest met my Pajero 3.2 Di-D.automaties. Ek probeer om nie vinniger as 110km/h te sleep nie, maar dit verg uiterste konsentrasie. Die geringste kans wat hy kry wil hy net hardloop. Dit is nou op gelyk pad. By bulterige gebiede en berge skakel ek die tiptronic ratkas oor na handratte en hou die toere dop.

Ek het in 2010 'n vriend se

Ek het in 2010 'n vriend se Desert wolf geleen en was af sabie toe en deur die oostransvaal gesleep met 2001 3.2Di-D Auto Pajero. vol gelaai en 4 persone was die opdraandes geen probleem en het die pajero glad nie gehuiwer nie. ons het so 3 jaar terug the dubble wiel exclusive jurgens karevaan verkoop, maar het ook geensins problem gehad om hom op en oor eninge pas met the pajero te kry nie. oop pad moes ons maar brieke aandraai want dan wil die wa net hardloop.

Reply to this topic

All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association