Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.

In twee verskillende tydskrifte sien ek twee baie bekende "overlanders"
maak hulle dieselkanne voorop die dakrak vas.Ek het geleer dat AS daai
kanne oopgaan en die petrol/diesel begin uitloop oor die enjinkap kan dit
katastrofies wees.Is ek reg of nie?
Posted on behalf of: eugene marais
Replies

Daar is te veel prentjies / advertensies wat maak dat die stelsel stadig is. Ek weet nie of dit net my rekenaar is nie.

Jammer, ek het die kat aan die stert beet met die een. Die antwoord was bedoel vir Barnie.

Swaar gewig op die dak beteken net een ding: Topswaar. Jy kan nie regtig bosry as jy topswaar is ie want jy val om. :-)

Wat kan mens betaal vir een?
Waar is die beste plek om te koop?
Is daar verskille in kwaliteit?
Is dit wys om tweedehands te koop of roes die kanne gewoonlik?
Kan mens eerder plastiese kanne koop hou hulle net so goed?

Wat kan mens betaal vir een?
Waar is die beste plek om te koop?
Is daar verskille in kwaliteit?
Is dit wys om tweedehands te koop of roes die kanne gewoonlik?
Kan mens eerder plastiese kanne koop hou hulle net so goed?

Dankie almal vir die kommentaar.Dis net iets wat ek by Jan Joubert geleer het.Die kanne het natuurlik verbeter,maar die pennetjie doen dit nog nie vir my nie.Ek sit n 'washer' aan die een kant en draad aan die ander.

Ek reken 60 liter op die dak vir n kort rukkie is beter as 100 liter onder die voertuig(met baie gewig).Met so n tenk dink ek aan kostes.(tenk, 100 liter diesel,opgegradeerde skokbrekers,spaarwiel).Is petrol/diesel vulpunte so ver uitmekaar in Suider-Afrika of is jou voertuig net swaar op brandstof.

Ek het nog twee by Makro gekoop en hulle was R. 100-00 per kan goedkper as Outdoor Warehouse(presies dieselfde maak). Ek het R.249.00 betaal.

Kan iemand my dalk se wat is die beste kan vir pertol. Plasties of staal en is die staal nie geneig om te roes nie?





As jy beter gekyk het sal jy sien die kanne lê op hulle rugkant met die prop na bo? Verder het elke Jerry-kan 'n sluitpennetjie wat jy met 'n knip of draad kan beveilig. Kanse dat daai kanne oopgaan, is uiters skraal....mits jy as eienaar nie nalatig is nie.