Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Met groot belangstelling lees ek Jaco Kirsten se artikel oor die TX Prado. By navraag moet ek egter verneem dat jy hom nie kan toerus met 'n agterste ewenaarslot nie. Dit het 2 afsonderlike Toyota agente vir my gesê. Ek kan dit nog steeds nie glo nie!!! Sal reaksie van Toyota se kant waardeer.
Replies
Jaco, Volgens die Toyota
Jaco,
Volgens die Toyota handelaars wie ek gekontak het, kan jy hom nie bestel, of agterna toerus met 'n agterste ewenaarslot nie. Die VX kom uit met 'n ewenaarslot maar op die TX is daar geen opsie nie. Die TX, het ek gereken is eintlik die regte een vir veldry omdat hy minder tierlantyntjies het, maar as hy nie beskikbaar is met 'n ewenaarslot nie, gaan sy vermoeë beperk wees.
Ek hoop eintlik dat my inligting verkeerd is ! Enigeen wat kan meer lig werp kan reageer asb.
Bastian Ek het in my artikel
Bastian
Ek het in my artikel presies dieselfde opgemerk, naamlik dat die meer 'basiese' (natuurlik 'n relatiewe begrip in die prysklas...) TX dalk meer in die veld gebruik sal word en dus sou kon baat by 'n meganiese ewenaarslot agter.
As die Toyota-handelaars se jy kan nie agterna 'n ewenaarslot insit nie, dan moet 'n mens hulle seker glo.
Dis hoekom dit altyd belangrik is om jou huiswerk te doen voordat 'n mens 'n ding koop.
Tog glo ek nie die afwesigheid van 'n ewenaarslot agter gaan hom skielik in 'n swak 4x4 verander nie. Onthou hy't steeds elektroniese vastrapbeheer - nes die moderne Defenders. Het jy al gesien/ervaar wat hierdie stelsels kan doen?
Groetnis
Jaco





Bastian Ek is nie seker wat
Bastian
Ek is nie seker wat jy bedoel nie.
Bedoel jy dat dit nie moontlik is om agterna een aan te bring nie of bedoel jy dat dit nie 'n opsie is as jy hom koop nie?
Jaco