Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Ek wil graag jou opinie hê oor my aftree voertuig...
GROOT BESLUIT vir my, want wat weet ek nou van karre?
Ek is ‘n vrou van 60+ en moet een van die dae aftree, maar voor dit gebeur wil ek my laaste voertuig koop wat vir my lekker moet wees. Ons woon op ‘n plaas, grondpad en sand is elke dag my voorland, teerpad darem ook.
My huidige voertuig is ‘n Isuzu twincab 2.5 wat ongelooflik lekker op die sinkplaat grondpad ry. Daar is min ander voertuie wat by hom kan kers vashou. Ek sal graag die volgende in my voertuig wil hê:
- Central locking (‘n MOET)
- Spoedbeheer (Aaklige pad hier by Clanwillim in die Wes-Kaap)
- Kleiner as die Isuzu (Dis nou net ek en my man en so nou en dan pélle vir ‘n trippie iewers heen)
- Moet darem ook kan wegkom teen ‘n hoogte Diesel model wees (Die plaas gee my brandstof!!!)
- Sitplekke? Leer miskien vir die morsslag (Party oumense kan tog so mors!)
- Bagasieruimte: so-so
Kan iemand my dalk help?
Groete uit ‘n kokende, warm Clanwilliam!
Rita
Replies
het vir 'n dekade 'n Izuzu,
het vir 'n dekade 'n Izuzu, (dubbelkajuit, diesel goedkoop, met 'n plesierige 'talk') gery was mooi, tot die' dag wanneer my familie my wou skei:"ons staak nou om in 'n trekker te ry - ons weier om saam met jou te ry"'
Dis waar die 'Colt dubbelkajuit diesel, goedkoop (ek moet my eie brandstoff koop - kry dit nie van die plaas nie!); wat 'n plessier; jy word 30 jaar jonger met meer "woema" onder jou agetrstewe, ry sag, het krag indien nodig het, grondpaaie soos teerblad.
Ja dis wat ek net kan se, - geen Triton nie!
groete
gniet jou besluit
die onbekende uit die veerte
vanaf jou buurland





Rita Hoeveel geld wil jy
Rita
Hoeveel geld wil jy betaal?
Jaco