Watter Soort Bande
Get connected: comment, discuss, share your experiences and air your opinions on Drive Out’s 4x4 off-road and African overland travel-enthusiasts’ forum.

Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.

Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
wilklein
Joined: 11/25/2009
User offline. Last seen 1 year 36 weeks ago.

Ek beplan om met my Kia Sorento 'n klompie grondpaaie te ry. Glad nie kategorie 3-5 roetes nie. Die res van die tyd sal dit maar op teerpaaie wees. Watter soort bande kan ek na kyk.

Replies

Louis de Wet

Ek het Dunlop Track Grip 245/70x16 op my 2008 Sorento laat sit en 7400 km deur Namibia daarmee getoer. Het ook Van Zyl's pas gery sonder probleme. Die band was ook die goedkoopste beskikbaar.

wilklein
Joined: 11/25/2009
User offline. Last seen 1 year 36 weeks ago.

Dankie Louis, net 'n ander vraag: het jy enige modifikasies aangebring soos bv. grondvryhoogte en stewiger suspensie. Wat is jou ondervinding met die Sorento van die teerpaaie af?

Louis de Wet

Ek is baie tevrede met my Sorento se gedrag om grond- en veld paaie. Het Koni skokbrekers en H&R kronkelvere laat installeer en so die grondvry hoogte, behalwe vir die ewenaar, met so 50 mm verbeter voor ek Van Zyl's pas gery het. Jy is welkom om my te skakel by 0847039850 as jy meer wil weet.

Ferdie Lochner

Ek het 'n 2009 Hilux 4x4 Dubbelkajuit Diesel en moet ook binnekort bande vervang. Ek gebruik my voertuig ook vir werkdoeleindes en ry baie teerpad, dog spandeer al my vrye tyd in die veld. Terrein wissel van sand tot klippe en rotse. Ek soek dus 'n band met sterk sywande wat moontlik ook kan help om grondvryhoogte bietjie te vermeerder. Ek oorweeg Bridgestone Deullers 265/75R16 of BF Goodridge, ek aanvaar dieselfde grootte. Prys, bandleeftyd en funksionaliteit is hoofoorwegings. Kommentaar is welkom!

Frans

Ek het my WIlderness bande vervang met BF Goodrich AT, en ek sal nooit weer 'n ander band ry nie. Die sywande is 'n trippel laag, en die band is baie goed op en van die pad. Ek spandeer sowat 90% van die tyd op teer, daar is geen, of bittermin geraas. Toe ek navarosing gedoen het het hulle my vertel dat as mens mooi na die bande kyk dit jou 100,000 - 120,000 km sal gee.

Van die pad af is die bande uitstekend.

Gina
Joined: 10/12/2009
User offline. Last seen 2 years 1 week ago.

Het ook BFG A/T bande op ons Hilux laat sit. Ons het nog net goeie ondervindinge gehad met die band op ander voertuie. Die 265/75 is vir my net bietjie te groot alhoewel hulle nerens raak nie. Hulle is nie baie raserig op teer nie, alhoewel meer so as die standaard Grabbers. Ek spandeer ook baie tyd op teer, maar dit bly vir my die beste band. Wat die BFG's of soortgelyk op die Sorento betref, net een kommentaar (dalk bietjie laat). Maak seker dat die dikker "threat" patroon nie maak dat jou spaarband nie meer onder inpas nie.

wilklein
Joined: 11/25/2009
User offline. Last seen 1 year 36 weeks ago.

Dankie Gina, jy is reg, ek sal moet kyk dat die spaarband nog pas. Dankie

Besoeker

Dag Frans

Hoe hanteer jou BF Goodrich op nat paaie?

Groete
Ferdie

Besoeker

Goeiedag aan forumvriende


Finale advies asseblief?   Ek is nou oortuig dat ek BF Goodrich 265/75R16 op my 2009 Hilux wil laat opsit.  Ek sien Gina verwys na effe groot 275's.  Is dit steeds jou ervaring dat hierdie grootte geen probleme met bakwerk veroorsaak nie?  DAnkie en groetnis, Ferdie.

Besoeker

Ek het al verskeie bande op my voertuie gehad. Onlangs BFG A/T op my Fortuner gesit. Glad nie spyt nie. Het deur storm water op teer en grond gery en is verbaas. Sou met ander bande 4X4 nodig gehad het. Jy sal nie spyt wees nie. Bietjie duurder maar die geld werd.

Reply to this topic

The content of this field is kept private and will not be shown publicly.
All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association