Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Ek oorweeg 'n Range Rover 2010. Ek gaan beslis off-road waar daar nie 50ppm diesel is nie en ook nie loodvrye petrol nie. Is n diesel of petrol voertuig die veiligste keuses of is dit vir hierdie tipe voertuig in elkgeval taboe om enigiets anders as net altyd die suiwerste en beste brandstof in te gooi? Ek hoop ek kry deskundige advies.
Replies
Sover ek weet is water die
Sover ek weet is water die grootste vyand van die moderne dieselenjin in die dat sy nozzles roes agv van die water en dan is daar groot drama. Wat die Range Rover aanbetref, sover mens hoor kan die ding amper praat ook, maar jy moet hoor hoe stil is hy as hy in die Kaokoveld besluit om vas te staan en geen mens kan hom help nie. Dan is dit maar iemand van 'n dorp of Windhoek af met 'n sleepwa bestel sodat hulle jou kar by die handelaar met 'n rekenaar kan kry want die gewone werktuigkundige gaan nie eers probeer werk aan hom nie.
Baie dankie vir die sinvolle
Baie dankie vir die sinvolle kommentaar tot dusver. Dave du Toit van die 50's+4X4 klub se mening is dat na so 'n trip mens die oliefilters en olie kan vervang en met ʼn leë tenk volgemaak met 50pp diesel is jy basies weer op standaard. Lood vervangings petrol egter kan skade veroorsaak in ʼn moderne voertuig wat loodvrye petrol vereis.
Ek het dieselfde vraag aan Jaguar Land Rover se tegniese afdeling gevra (in Engels). Die inhoud van die antwoord en die swak Engels grammatika het weereens gewys hoe maklik ʼn maatskappy sy beeld wegsmyt wat sy bestuur probeer opbou met duur reklame. Ten spyte van my kort respons dat my vraag nie beantwoord is nie – geen reaksie.
Laat ek dit vir jou so
Laat ek dit vir jou so verduidelik: Die lood in die petrol het gemaak dat jou kleppe beter seël omdat die kleppe beter gesmeer is. Die kleppe van die ouer enjins was nie so hard nie, om hierdie rede. As jy loodvrye petrol in die ou enjins ry, het jy die probleem dat jou kleppe nie te goed werk nie weens die swakker smering en op die ou end brand jou kleppe.
In die moderne enjins wat gebou is vir loodvrye petrol, kan dit sover die enjin self aangaan, eintlik geen skade aanrig nie, maar wel aan sy sensors wat die werkinge van die enjin reguleer. Die belangrikste ene is in die uitlaatpyp geleë en die lood in die verbrande gasse pak hom so op dat hy later nie meer lekker wil werk nie en het jy drama. 'n Ander baie belangrike ding is dat al die moderne petrolenjins katodiese omsetters het in sy 'skezaus. Hier ding is 'n boks vol platinum-goete wat die uitlaatgasse omsit in minder skadelike gasse en die goete word beskadig deur die lood in die loodpetrol.
Hier by ons in Namibië is baie boere wat hulle Hilux-bakkies se katodiese omsetters afhaal en sommer die goete binne-in uitstamp met 'n koevoet of 'n ding en sit hom terug en hy laat loop die gasse lekker vry deur hom. Dan kan hy enige petrol ry plus die bakkie loop skielik sy speedo vol! Net jammer van daai sensor wat gaan konk, maar hulle ry steeds loodvry, maar met meer krag.
Loodvrye petrol is haas
Loodvrye petrol is haas onbekombaar in afgelëe plekkies. Gaan 'n paar 1000km op LVP my sensors/enjin beskadig of nie? Het iemand die ware feit?
Ek gaan net gou 'n klip hier
Ek gaan net gou 'n klip hier in die bos gooi, my ondervinding in Namibia was dat loodvrye petrol baie meer beskikbaar was as LVP, ons was 3 voertuie in ons groep, 1 loodvrye petrol, 1 loodvervangings petrol & 1 diesel.
Ek het geen probleem gehad met loodvrye petrol nie, maar my vriend was 'n paar keer genoodsaak om loodvrye petrol in sy voertuig te gooi, wat LVP gebruik.
Soos ek sê, maar net my ondervinding van Namibia.
Ook kommentaar lewer m.b.t.
Ook kommentaar lewer m.b.t. diesel,petrol maar dalk iets anders. Ek verkies net diesel maar sal tog wil vra vir raad t.o.v. diesel verbruik asb. Ek oorweeg die aankoop van 'n 4x4 bakkie Toyota KZTE,Mazda 2.5 TD, en Nissan3.0 16V. Is bly om te lees oor die sienings van ander oor diesel. Maar benodig ietwat meer tegniese inlgting op die bogenoemde bakkies. Sal bly wees vir al die hulp wat beskikbaar is en wat ek kan kry. Bosverkenner
Hey...this is a wonderful
Hey...this is a wonderful website buddy and an informative post!!! i am new here and i found this site very interesting and informative ,, you are a professional person i think.. i am mcse professional and i have a great interest in such things...thank you for the post buddy and keep on posting nice stuff like this :)





Ek is ongelukkig nie 'n
Ek is ongelukkig nie 'n deskundige nie, so ek gee maar net my beskeie leke opinie, gebaseer op my ervaring.
Eerstens,daar is 'n algemene siening dat dit nie noodwendig die swaelinhoud van die diesel is wat probleme kan veroorsaak nie, maar vuilheid soos sand, water en alge. Kry 'n goeie tregterfilter.
Tweedens is 'n diesel voertuig vir my die enigste opsie vir toere deur Afrika. Diesel, alhoewel vuil, is meer geredelik beskikbaar as petrol.
Derdens, dink mooi oor die voertuig. Jy gaan sukkel om parte op verlate plekke te kry. Oorweeg liewer iets van Toyota, Mitshubishi, Nissan of 'n Discovery.