Hoe maak ek my Jeep meer 'robust'
Get connected: comment, discuss, share your experiences and air your opinions on Drive Out’s 4x4 off-road and African overland travel-enthusiasts’ forum.

Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.

Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Nadine Thomson
Joined: 08/20/2009
User offline. Last seen 45 weeks 5 days ago.

Ja ek weet die Jeep is nie die beste 4x4 nie, maar wat gemaak as jy een het?
My Jeep is 'n 2005 Cherokee Sport 3.7 model met nog net 68000 km.

Is daar iets wat ek kan doen om my Jeep meer 'robust' te maak. Is daar iemand wat vir my 'n paar tips het b.v Watter suspensie word aanbeveel Old Man Emu of Iron Man? Wat van 'n bull bar?

Placed on behalf of user: righardt

Replies

PierredW

Die Jeep is baie laag en daar is baie plastiek so 'n swaardiens suspensie wat die voertuig bietjie meer hoogte gee is die eerste stap. Daar is nie veel te kies tussen OME, TJM(XGS), Ironman en Dobinsons nie. Kry die een wat die goedkoopste is op voorwaarde dat die "lift" dieselfde as die ander is. Die plastiek voorbuffer moet waai en met 'n ARB of soortgelyke een vervang word, verkieslik die agterste een ook en dan moet jy kyk na ordentlike staalplate onder om die enjin en ratkas te beskerm. Goeie All Terrain of Mud Terrain bande is ook nodig. Dit is die basiese veranderings waarmee jy redelik ver sal kom. Meer as dit moet die Jeep spesialiste maar kommentaar gee. Pos die vraag op http://www.4x4community.co.za/forum/ daar is heelwat Jeep entoesiaste wat seker nog baie meer raad kan gee.

Gina
Joined: 10/12/2009
User offline. Last seen 2 years 1 week ago.

Die keuses is baie beperk, vriende van ons het een en wou nuwe bande opsit en ook 'n suspensie "lift" doen. Die OME suspensie is van die mark af gehaal vir die Cherokee en met bande het hulle ook nie 'n groot keuse gehad nie, want te groot skuur teen die voertuig. Hulle het Bridgestone AT op nou. Soek maar bietjie rond soos Pierre se op die ander forum.

Visitor

Here is the company you want,www.quadratec.com.They are USA based and only specialise in Jeep product and are a highly reputed mail order company that is probably the biggest supplier of aftermarket Jeep products.These boys are serious and do not sell rubbish.As for OME,who ?There kit does appear but is no where near "proper" and fully researched or equiped for your lift.OME,Ironman and TJM are all made in CHINA !Be careful,this is a bug that you will not get rid of.I am about to equip my 2002 Wrangler with 4:10 ring and pinion,Detroit Locker back and Detroit Trutrac front as will as a Super Lift 4" kit.This allows the use of 32" to 33" tyres.They have the calculators etc.

ELMO
Joined: 10/29/2009
User offline. Last seen 2 years 2 days ago.

Vir goeie beheer en hantering, op die pad en in die veld, bele gerus in 'n stel BILLSTEIN skokbrekers (die beste uit Duitsland), kontak Ted Garstang van Afrishox by 0878088660 of 0826017155.
Die beste lift kit is PROCOMP, wat vir Jeep spesifiek gemaak is.
Ek het met hierdie kombinasie op my Grand Cherokee goeie resultate met veldry en karavaansleep.

Reply to this topic

The content of this field is kept private and will not be shown publicly.
All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association