12V yskaste
Get connected: comment, discuss, share your experiences and air your opinions on Drive Out’s 4x4 off-road and African overland travel-enthusiasts’ forum.

Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.

Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.

Is dit moontlik om Waeco se Coolfreeze CF40 en CF50 yskaste direk vanaf 'n voertuig se 12V sok te gebruik, of het jy 'n ekstra batterystelsel nodig?

Replies

Die doel van 'n ekstra

Die doel van 'n ekstra batterystelsel is om jou hoofbattery te spaar. Dit is moontlik om 'n yskas van die hoofbattery af te hardloop, maar die battery sal gou afloop, en dan gaan jy nie jou voertuig weer aan die gang kry nie.

Die ekstra battery in 'n dubbelbatterystelsel is gewoonlik 'n diepsiklus-battery - wat beteken dit hou sy lading langer, maar neem ook langer om te herlaai. 'n Gewone 12v battery is ontwerp om 'n vinnige charge te lewer wat nodig is om die enjin te laat draai. Diepsiklusbatterye, daarenteen, lewer 'n meer stabiele, lang-termyn lading wat jou yskas vir langer sal laat koelbly.

Kortweg, is dit dus moontlik om die yskas van jou hoofbattery af te hardloop vir 'n paar uur, maar dan moet jy seker maak jy het 'n paar fris rugbyspelers saam met jou om jou ryding weer aan die brand te stoot. Dit gaan ook die leeftyd van jou battery drasties verkort.

Ek hoop dit help.

Gerrie

Ek sien by makro is 40,50 en

Ek sien by makro is 40,50 en 90l kampyskaste vir baie billike pryse(R2000-R3500)Is hulle doeltreffend of moet jy R8000+ vir n yskas betaal?Ek kan nie die maak onthou nie,maar die waarborg is dieselfde en die een wat daar staan en loop het.het ek kouer gedraai en jy kon baie gou n verskil voel,en die vriesdeel was goed gevries.

 

Ek het self redelik navorsing

Ek het self redelik navorsing gedoen. Gaan lees bietjie op 4x4community en praat met die mense wat die trips doen. Die prysklas waaron jy praat is of net 220V of die tipe wat basies net verkoel tot 18 grade onder kamer tempratuur. As jy van 220V tot 220V punt ry sal dit seker werk. Dit gaan verseker nie 10 dae in die wildernis hou nie.
In plaas van daardie geld op die verkeerde produk spandeer. Gaan kyk ook na die Indel by Tentco. Praat met Werner. Baie goedkoper as die National Luna en goeie waarde vir geld en goeie ondersteuning.

Pieter, Die yskaste wat jy

Pieter,

Die yskaste wat jy sien vir die prys wat jy noem is net vir 220V en nie 12V ook nie, as jy altyd gaan waar krag is is dit nie 'n probleem nie, anders sal ek twee keer dink oor die 12V opsie, veral as jy gaan toer gaan jy die 12V baieeee mis, anders is daar nie 'n verkil tussen die modelle nie

Arie,

Ons het al voor ek dubbel stelsel gahad het altyd die bakkie se battery sok gebruik, nooit probleme gehad nie, ONTHOU net altyd om die yskas af te sit as jou voetuig staan anders gaan jy gereeld jumper kabels nodig he, ek sal voorstel dat jy maar 'n ekstra battery stelsel insit, dit is net baie geriefliker ook as jy ekstra ligte wil gebruik

Reply to this topic

All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association