Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
SERENGETI SELF RY 4 X 4 EKSPEDISIE
As jy jou eie 4x4 het, sluit aan by die groep en sien die pragtige Serengeti!
Datum: 24 Junie 2011 tot 16 Julie 2011 (21 dae )
VERKORTE REISPLAN (ITENARY )
Vertrek 24 Junie 2011 uit Pretoria
Botswana: Oornag Nata; Gaan oor Ferry – Kasane in Zambia
Zambia: Besoek Victoria valle; Besoek Kariba dam wal area; Oornag Lusaka; Chipata; Isoka; Nakonde
Tanzanie: Tunduma; Igoma; Pangale; Kalamera; Lake Victoria; Serengeti (West entrance); Ngorogor Krater; Arusha; Kilimanjaro
Die terug rit sal deur dieselfde gebiede wees, maar daar sal afgewyk word en ander paaie sal gery word.
Belangstellendes wat wil saam gaan moet hulle kontak voor einde February 2011 om hulle sodoende kans te gee om kampe te bespreek met getalle. Kontak hulle by die volgende nommers:
Peet 011 360 3711
of
Esme 0799168360
Replies
Peet, Julle beplan nie dalk
Peet,
Julle beplan nie dalk so 'n trip vir 2013 nie, ons is sover 3 voertuie wat begin dink om in 2013 die trip te doen, sal graag van julle wil hoor, ons is heeltemal rou oor die gebied en sal graag saam met iemand wil ry wat dit al voorheen gedoen het
Geniet dit en gee asb terugvoering, wag angstig om te hoor van julle ervarings
Ben Ja - as hierdie toer goed
Ben
Ja - as hierdie toer goed afloop beplan ons die jaar 2013 weer 'n toer na Tanzania - met die oog op die Berg gorrillas en die chimpanzees en lake Tanjanika as die hoof besoek. --Ons het die toer datums bietjie later gemaak - ons vertrek nou eers die 15 Julie 2011 - sal as ons terug kom meer bersonderhede oor die toer verstrek -- maar ek moet se daar gaan nogal baie beplanning in om so 'n toer te organiseer.





Vrae en antwoorde oor die
Vrae en antwoorde oor die onderwerp
Botswana, Zambia, Victoria-waterval, Kariba, Tanzania-Victoria meer, Serengeti, Ngorogoro krater, Kilimanjaro toer
Was dit al jou begeerte om die Paradys te sien -- Afrika se eie Paradys in die Ngorogoro krater roep jou om dit te ondervind en die natuur se beste te sien, maar jy moet kans sien vir avontuur om in jou eie toegeruste 4x4 saam met ander ekspedisie lede die natuur te beleef op sy natuurlikste met die meeste gerief wat jy saam met jou 4x4 kan karwei. As jy dit nog al die jare wou beleef maar nie kans gesien het om die tog alleen aan te pak nie – nou is die geleentheid om op jou eie stoom en vaardighede saam met andere te doen.
Wat jy moet weet
Hoe lank is die toer? 21 -23 dae en nagte
Wanneer?
24 Junie – 16-18 Julie 2011;
Waarvandaan vertrek die toer?
Pretoria,
Wat moet ek bring?
• Jy en jou mede reisiger
• Jul paspoorte
• Jou eie 4x4 voertuig en brandstof
• Jou eie slaapgoed (slaapsak, matras, ens.)
• Jou eie kampeer toerusting en tent (verkieslik daktent)
• Jou eie drankies en versnaperinge
• Alle dinge wat vereis word van die verskillende grensposte
• Internasionale rybewys
• Geel koors inspuiting sertifikaat ( Yelloe Fever certificate) moet die inspuiting minimum 10 dae voor vertrek ontvang en dit hou vir 10 Jaar
•
Waar gaan ek slaap?
Tentverblyf (self tent op slaan )
En kos?
elke voertuig is self verantwoordelik vir sy kos en water.
Hoeveel kos dit?
Wat jy kan bekostig – self verantwoordelik vir alle onkostes wat aangegaan word – rofweg bereken sal dit ongeveer R15000.00 per persoon uitwerk as daar 2 persone per voertuig reis. Indien ‘n enkel persoon die toer aanpak sal die koste drasties verhoog na +/- R25000.00. Wat verwag word van alle lede vir die toer is om die bedrag wat benodig word vir die oornag verblyf met bespreking wat plaasvind die eerste week in Maart 2011 oor te betaal. Daar is geen (cover charge) oorhoofse kostes nie. Maar 'n terugbetaalde deposito sal verwag word van elke reisiger. Bedrag sal aan die wat besluit om die toer mee te maak meegedeel word.