Mabuasehube/Nossob Roete Inligting?
Get connected: comment, discuss, share your experiences and air your opinions on Drive Out’s 4x4 off-road and African overland travel-enthusiasts’ forum.

Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.

Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.

Dagse,

Ek hoop julle kan my meer inligting gee oor die pad tussen Mabuasehube en Nossob. Ek het plek geboek in Mabuasehube vir 'n week in April en wil graag daarna na die Kgalagadi en dan na Augrabies gaan. Ek ken die Kgalagadi park, was in 2006 laas daar. Ek beskik oor 'n 4x4 met laetrek.

Ek wil graag die volgende weet:

- Hoe ver is dit?

- Hoe lank ry mens?

- Toestand van pad(sand,klip.modder ens)

- Mag een voertuig op n slag die pad aandurf?

Groete Bakkies.

Replies

Dagsê Bakkies   Ek kan die

Dagsê Bakkies

 

Ek kan die meeste van jou vrae met redelike akkuraatheid antwoord, maar ek hoop 'n paar ander  ouens help ook. Dis 'n fantastiese pad om te ry en ek kan dit hoog aanbeveel.

- Dis sowat 165km tot 170 km. Dis wat Tracks4Africa se kaart sê, maar ek onthou toe ek dit gery het het ek gedink hulle is bietjie uit. Maar hoe dit ookal sy, dis in daai omgewing.

- Ek het dit in een dag gery, en het eers hier by 11:00 by Mabua ingegaan. Dit was mal. Ek moes later hard druk om deur te kom en sou nie eers vir 'n leeu kon stop nie. Ek was na donker eers op Nossob. Onthou, dis 'n diep sandspoor.

Tracks4 Africa sê ses uur en 43 minute, maar selfs dit is baie optimisties. As jy rustig wil ry, sou ek twee sessies van omtrent 5 uur op twee verskillende dae aanbeveel. Die heel beste plan is om by een van die twee Matopi "kampeerplekke" in die middel van die roete te slaap. Dis basies net 'n oop stuk grond onder 'n boom, maar dit moet 'n fantastiese ervaring wees.

- Dis diep sandspoor al die pad. Hier teen die einde na Nossob se kant toe ry jy basies Kalahariduine.

- Jy moet onthou dat daar eintlik twee paaie is: 'n Noordelike pad en 'n suidelike pad. Op die suidelike pad mag jy alleen ry, want dis die dienspad en as jy probleme optel sal daar binne 'n dag iemand by jou verbykom. Ek sou dit doen as ek jy was, maar maak net seker jy't 'n high lift jack, 'n graaf, genoeg water en kos by jou. Sover ek weet moet jy bespreek vir die noordelike pad, en jy moet in 'n groep ry.

Ek hoop al jou vrae is beantwoord. Vra maar nog, want ek is seker ander ouens kan ook help.

 

Mooi ry en geniet dit!

 

Ali

Hallo Bakkies Soos Ali noem

Hallo Bakkies

Soos Ali noem is daar die 2 roetes. Ons het die Noordelike roete in Desember gery. Mosemane 4x4 roete-  Ek sal dit hoogs aanbeveel. Dit kos R 200 per persoon, jy bespreek deur die Botswana parkeraad waar jy vir mabua bespreek het. Die lekker ding van die roete is dat dit eksklusief deur jou gebruik word. Die kamp plek op Mosemane pan is net 'n boom  en daar is geen fasiliteite nie maar dis absoluut fantasties. Dis ook 'n eenrigting roete dus geen verkeer van voor. Die pad was glad nie sleg nie. Die roete was 'n hoogtepunt op ons reis- ek sal selfs sover gaan te se vind uit of dit moontlik is om 2 aande hier oor te bly.

Hi Ali Net  n vragie . Sal ek

Hi Ali

Net  n vragie . Sal ek die suidelike pad met n Fortuner 3.0 D4D 4x4 en n Jurgens Xcape kan doen?Wil dit in Des 2011 - Jan 2012 doen.

Ja, jy sal die suidelike pad

Ja, jy sal die suidelike pad kan doen met jou Xcape, maar slaap oor op Matopi - om die waarheid te sê as jy bespreek, verwag hulle van jou om oor te slaap.

Op die Noordelike 4x4 roete word Boswaens en karavane nie toegelaat nie.

Reply to this topic

All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association