Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Ons wil graag van Luderitz na Ai-Ais ry via Sendelingsdrif en dan dalk in die Richtersveld ingaan. Ek het afgekom op 'n artikel in die Maart 2008 Wegry. Kan julle asb. vir my bietjie raad gee: Is daar 'n kortpad na Ai-Ais, sodat jy nie oor Noordoewer hoef te ry nie?
Hoe lyk die pad aan die Namibia kant van die Oranje rivier (bo die Richtersveld)?
Is daar enige kampplek of ander verblyf?
Is dit die moeite werd om vir 'n dag of twee in die Richtersveld in te gaan? Of is dit 'n trip op sy eie?
Dankie, Bessie.
Replies
Maureen Nel skryf: Ek het nou
Maureen Nel skryf: Ek het nou geskakel, pont is nog toe, sorry!
Bessie Ek het laasweek die
Bessie
Ek het laasweek die pad gery. Die brug oor die Visrivier is inderdaad weggespoel wat dit onmoontlik maak om van Luderitz via Rosh Pinah by Ai Ais uit te kom. Die alternatiewe pad oos van die canyon het ook probleme omdat die brug by die Lowen rivier weggespoel het. Dit is darem die einde van die slegte nuus. Ongeveer 10km verder is daar 'n alternatiewe roete deur die Naute ontspanningsarea wat in 'n goeie toestand is. Ons het 2 nagte in die Richtersveld geslaap en dit was fantasties. Langer is natuurlik beter maar ek voel die 2 dae was die moeite werd!





Maureen Nel antwoord:
Maureen Nel antwoord:
Bessie, ek bly tans in Rosh Pinah. Die slegte nuus is dat die 'kortpad' Ai-Ais toe nog geslote is, wat n groot frustrasie vir ons is. Dit is die kortste pad vanaf Luderitz. Ek wet van nog n afdraai net voor Keetmanshoop - Ai Ais toe, maar hoe die pad nou lyk kan ek nie sê nie, hoop jy kom reg.
Ek gan vir jou uitvind of die pont oop is dan moet julle deur die Richtersveld ry...