BESOEK AAN PONTA DO OURO
Get connected: comment, discuss, share your experiences and air your opinions on Drive Out’s 4x4 off-road and African overland travel-enthusiasts’ forum.
Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Fri, 01/22/2010 - 07:29
T ANDERSON

Joined: 01/22/2010
Ek beplan om in Augustus 2010 die suide van Mozambibiek te besoek. Kan iemand my asseblief meer inligting gee oor die kampeerplek by Ponta do Ouro. Ek wil weet:
1. Hoe veilig is die kampterrein?
2. Hoe goed is die diens?
3. Hoe ver is die kampterrein van die see af?
Ek sal die inligting baie waardeer.
Theuns
Replies
Fri, 02/05/2010 - 07:08
#2
Theuns

Besoeker, baie dankie vir waardevolle antwoorde. Ons sien baie daarna uit om die kampplek te besoek. Dis jammer van die ablusie geriewe maar met sekere dinge moet 'n mens mee saamleef. Ons sal die beste maak van 'n slegte saak. Jou info was van groot waarde!
Sat, 03/06/2010 - 11:47
#3
Besoeker

Oorweeg ook Ponta Malongane so 15km noord van Ponta da Oura. Geen quads word in die kampterrein toegelaat nie en omgewing baie rustiger. Da oura kan besig raak.





Na aanleiding van jou vrae, die volgende:
1) Die kampplek is veilig. Ons het nog nooit goed gehad wat weggeraak het daar nie. Daar is wagte deur die nag wat deur die kamp loop. Bere maar jou beursie en daai goed tog weg soos ons almal maar doen. maar kampgoed ensovoorts is nie 'n probleem nie.
2) Jy moet iemand daar by die hek huur om jou te help in die tyd wat jy daar is. het nog nooit regtig probleme gehad met diens nie.
3) wat die lekkerste is van Ponta se kamp, jy 's 'n klip gooi van die see af. loop sommer see toe en die een wat vir jou werk help met die goed aankarwei. As jy iets in die kamp vergeet het, hardloop jy sommer terug en gaan haal dit.
Die ablusies in die kamp moet ek egter vir jou sê is pateties. Ons gaan al vir ongeveer 15 jaar elke nou en dan daarheen en in daai tyd het die ablusies geensins verbeter nie. Dit word wel skoon gemaak - daarmee is daar geen fout nie. maar die wasbakke en toilets is gebreek en die teels val uit en die water is partykeer power. partykeer is daar geen water nie. Wees dus gewaarsku. Ons gebruik ons eie stort van die karavaan. maar omdat die kamp so naby aan die see is, bly ons maar terug gaan daarheen.
Daar is 'n restaurant in die kamp self wat puik is.
hoop die info help darem