Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Ek wil graag 'n veld-sleepwa aanskaf. Wat is die gevoel om die mense. Is dit die geld werd, kan hy bv. deur die Kalahari (tweespoor sandpad) gesleep word en waarna moet ek kyk
Replies
Dankie vir jou kommentaar. Ek
Dankie vir jou kommentaar. Ek het self die probleem van op die grond slaap. Ek is al halfpad om 'n veld-wa te koop. Ons is gewoonlik meer as 2 in die voertuig, dus is pakplek binne maar skraps. 'n Dakrak is ook nie die antwoord nie, want dit sekerlik oorlaai word. Volgens Kia het die Sorento omtrent 340Nm, waarmee jy redelik kan sleep. Die sleepwa het omtrent dieselfde spoor as die voertuig.
Ons het 'n Echo 3 waarmee ons
Ons het 'n Echo 3 waarmee ons baie gelukkig is. Baie goed gemaak en jy kan hom so eenvoudig of gekompliseerd maak soos jy wil. Wat vir my die heel belangrikste is, is dat die waentjie goed belanseer is, maw die aste moet nie te ver agter wees wat maak dat die wa te veel neus afloop. Maak nie saak watter een jy koop nie, sit skokbrekers by en 'n remstelsel. Dit is baie belangrik!
Ek het die Campmaster
Ek het die Campmaster Wilderness Exec, wat beskikbaar is by Makro. Hy is sekerlik nie in die kaliber van die Conqueror en die ander "heavy duty" 4x4 sleepwaens nie, maar is ook nie in daardie prysklas nie. As jy grondpad wil ry is hy voldoende. Deesdae kos hy ongeveer R31000 en het onder andere die volgende "features":
- 2,5 ton heavy duty axle (unbraked)
- Includes Cadac 2 plate stove, No 10. cylinder, potjie pot (#2) all on mounted
- 2 x jerry can holders
- Includes internal drawers and fridge slide on bearing slides
- Camp fridge excluded
- 12 month warranty
Ek het so 4 jaar terug n
Ek het so 4 jaar terug n Echo4 gekoop met die doel om in Zambia te gaan werk. Gou agtergekom dat vlug kaartjies en n gastehuis veel goedkoper is maar nou ja. Ons is ook 4x4 entoesiaste en dis waar die Echo 4 my werklik verbaas het. n Pel van my se rumparty was by n sekere 4x4 roete in Gauteng en hy het my gevra om die sleepwa saam te vat. Ek kon nie glo waar daai wa gesleep word sonder om, om te val of enige ander skade op te tel nie. My punt is, hang af van waar jy wil gaan wat die keuse/prys van n sleepwa bepaal. Ek verkies ook natuurlik n daktent op die sleepwa en nie die voertuig nie. As ek gou dringend wil ry om te wat ook al, wil ek nie die hele kamp opslaan nie. As ek n keuse gehad het, sou ek die uittrek kombuis en goeters self wou ontwerp en installeer. En hy sleep soos n droom!! Ek het al op n keer die ou agter my gevloek omdat hy so naby ry. Toe is dit die Echo hier agter my.





Elke stuk toerusting het sy
Elke stuk toerusting het sy doel waarvoor dit ontwerp is. Daarom is daar markplek vir daktente, grondtente en tent/sleepwaens. Daarom is dit ideaal om al drie te besit. Maar as jy een moet kies en jou keuse is laasgenoemde maak ten minste seker jou voertuig het voldoende (in verhouding tot die gewig van die sleepwa) wringkrag. Verder bly verkieslik weg van duine en veral skuins oppervlaktes. Maar ek moet bieg, ek voel baie veiliger in my daktent tussen die groot en klein wilde diere en ek weet ek kan enigge plek ry. Ek is nooit sonder my daktent en grondtent nie.