Tralies met Canvas Canopy
Get connected: comment, discuss, share your experiences and air your opinions on Drive Out’s 4x4 off-road and African overland travel-enthusiasts’ forum.

Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.

Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.

Ek wil graag vir my bakkie tralies met 'n canvas canopy opsit, maar ek het nou al gehoor dat die canopies skeur in die wind en dat dit baie stof suig. Party ouens waarsku ook dat die tralies die bakwerk van die bakkie laat skeur. Kan iemand wat dit ophet my asb uithelp?

Replies

Hi Dixon ek het so 'n seil op

Hi Dixon ek het so 'n seil op my plaascruiser en dit werk goed.Al probleem met die tralies is die hekkie agter wat te swaar kan wees.As jy die hek oopswaai kry jy 'n hefboomaksie wat die kant van die bak kan skeur daar bo waar die tralies op die kant van die bak vaskom.So as jy so iets laat bou maak daar 'n plan.Party ouens sit 'n hoekyster van onder in die bak regop tot die  bokant van die tralie.Ek weet nie van die stof nie .Ek ry partykeer klein volstruiskuikens agterin my bakkie en hulle lyk nie stowwerig nie.Moet sê daar is baie meer stof agterin ons Dubbelkajuit se bak wat by die agterklap insuig.Ek dink daar is genoeg ventilasie deur die seilkappie.Oppas net daar is party van die vervaardigers wat meer as 'n kappie se prys vra vir so tralie en seilkappie.sterkte  

Reply to this topic

All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association