Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.

Kan iemand my dalk raad gee oor die verskil tussen al die baie tipe dakrakke op die mark?
Ons gesin vertrek eersdaags op die Luderitz/Walvisbaai roete. Dit beteken dat ons ekstra water en petrol moet vervoer.
Ek soek 'n dakrak wat hierdie gewig kan hanteer, maar wat ek na afloop van so 'n roete, kan afhaal en die oorspronklike fabrieksgemonteerde reelings kan terugplaas totdat ons die volgende roete aandurf.
Replies

Die heel eerste ding wat jy moet doen, VOOR jy koop, is om te bepaal of jou voertuig by jou garage gaan inkom met die rak op.....

Ek het 'n Hannibal van nagenoeg 1,6 m lank waarmee ek tot dusver baie tevrede is. Hy't ook twee "tracks" wat in die lengte van die dak vasgemaak is, waarop die rak met ses voete vas is.
Hy't soveel gekos soos die 1,4 m Frontrunner, "powder-coating" ingesluit, en ek het vroeër vanjaar seker omtrent 100 kg op hom gehad toe ek saam met vriende Richtersveld to was. Dis meer as wat ek sou verkies om op hom te laai, maar ek het 80 liter petrol in vier kanne, 'n opvoutafel en -stoel en twee sakke hout op hom gehad wat ek glad nie sou kon saamneem as dit nie vir die dakrak was nie!
Dit was boonop op my Jeep se glasveselkap, en ek het 'n hele paar keer by van die onverwagte slote in die pad gedink ek gaan met die dakrak op my skoot sit, maar dit het gelukkig nooit gebeur nie!





I know I am a little belated in my response, but hopefully I can help somebody
Ek sukkel n bietjie met Afrikaans maar ek sal my bes probeer. In my opinie is daar net twee dakrakke waar naa ek sou kyk.
Die een is Front Runner en die ander een African Outback.
Alle goeie dak rake is deurs dae uit Aluminium vervaardig. As die rakke goed gebou is, sal die aluminium meer ask sterk genoeg wees vir die normalle applikasie. Hulle is ook dan baie ligte as die ou stall en hout rakke wat 10 jaar of so terug gewild was. Al twee van hierdie verskaffers maak ook baie verskilende brackets vir hulle rakke. Dit beteken dat om jerry kanne, hilift jacks, grawe of gas bottels word maklik op die raak geinstaleer.
Nou die groot vraag. Kan ek die raak maklik af haal en die fabrieksgemonteerde reelings terug op sit? Dit hang heeltemal af aan watter voertuig jy het maar ek sou eintlik nee se. As dit n voertuig is wat ‘tracks’ benodig vir die rack dan gaan dit baie better wees om die tracks op die dak te los. Die Front Runner en African Outback tracks lyk alby baie netjies en sien byna glad nie op die dak. Vir somagge voetuie moet ons deur die dak boor, in daardie geval moet jy ook later die voertuig verkoop saam met die tracks.
Ek hoop die informassie help.
Hoop jy geniet jou trip.
Cris
R & D Offroad 021 982 8921