Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Hi Ali,
Ek het jou artikel in WegRY #24 "Tussen branders en blommetjies" gelees.
Sal jy asb vir my nog inligting kan gee. Ons beplan om middel Februarie die Weskus te gaan verken en oor te bly by plekke soos Strandfontein, Groenriviermond, Spoegrivier, Hondeklipbaai en Port Nolloth en daarvandaan na Uppington en Kgalagadie.
In jou artikel praat jy van "tentopslaan" naby die Spoegriviermond. Ek het probeer meer inligting kry op die internet by Nasionale Parke, maar hulle dui net chalet akkomodasie aan.
Verder verwys die opskrif by die foto van die artikel dat dit naby die Groenriviermond in die Nasionale Park is, maar jou artikel verwys nie na verblyf in die Groenriviermond nie. Kan jy my ook asb se waar is kampverblyf by Groenriviermond, Hondeklipbaai en
Port Nolloth?
Baie dankie
Wilna





WilnaDaar is nie formale
Wilna
Daar is nie formale kampeerplekke langs die kus naby Spoegriviermond nie, maar Nasionale Parke laat jou toe om te kampeer waar jy wil. Daar is wel hier en daar verskuilde braaiplekke en sogenaamde eko-toilette. Die beste mense om te bel om uit te vind hieroor is die Namakwa Nasionale Park op 027 672 1948 - jy kan sommer met die bestuurder, Bernard van Lente, praat.
Oor die res van die omgewing en die kus is die mense van die Kamieskroon-hotel seker die beste om te bel vir inligting. Die nommer is 027 672 1614.
Hier is ook 'n storie wat geskryf is oor die Rooikatroete en nog 'n storie oor die weskus: Woes, Leeg en Afgeskeep.
Ek hoop dit help.
Albertus