Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Ene Pretorius van doer uit die RSA uit, skryf in ons plaaslik Republikein 'n brief waarin hy huil oor die groot bedrag wat hy moes hoes op die grens toe hy vis uit Namibië wou terugvat na die RSA toe. Hy baklei met ons land se owerhede en hoe hulle toerisme doodmaak, ens., ens.
Toe antwoord Hannes Holtzhausen [van Seevisserye] hom en vertel hom dat die R505 invoerpermit wat hy vir vis op die grens moet betaal, deur die SA regering vasgestel is! Verder sê hy ook dat die visvang langs ons kus daar is vir besoekers om dit te kom geniet en heerlik aan die vis te smul, maar nie daar is sodat jy 'n klomp vis kan vang en dit vir jou familie en vriende in die RSA gaan uitdeel nie. Hy vra dat die ou volgende keer sommer vis in SA koop en aan sy mense skenk en dan tuis bly want Namibië het nie hierdie klas van toeris nodig nie.
En daar vat hy die gevoel van meeste van ons Namibiërs saam in een kort briefie. Ons is al só gatvol om te hoor van hoe min die vis deesdae is en dat dit nie meer die moeite werd is om die lang pad hiernatoe aan te pak nie. Ons land is mos omtrent die enigste plek waar sommige mense mos reken hulle kan hier kom visvang en dan moet die vis vir sy vakaknsie betaal. Nou wonder ek, wat kan mens in SA gaan stroop om dààr vir ons besoeke te kan betaal???
Replies
Ja, ek weet van die
Ja, ek weet van die renosterhorings-affêre en dit is aaklig en mens wonder wat die oplossing is. As ek reg verstaan is daar genoeg renosters wat aan natuurlike oorsake jaarliks vrek in parke in SA wat se horings geoes kan word om aan die totale behoefte in die Ooste te voorsien. Miskien moet die Parkeraad dié horings op die mark sit en die bodem uit die smokkelhandel blaas? Die stropers doen dit nie vir enige rede anders as geldmaak nie.
laat hy maar sy bek opblaas
laat hy maar sy bek opblaas maar ek was jare tryg in swa en toe was die beperkin op die vis dit was 10 p/p en die beste van die vis is om dit daar te eet en as jy lekker wil vis dan is terris die antwoord ek was daar met n 1977 ford f100 . wat is die wette en vereistes van vis vang in die namib





Jong ja dit is 'n sensetiewe
Jong ja dit is 'n sensetiewe punt maar ek sien in die nuus dat Mosambiekers hier in S A groot gaan op die stroop van renosterhoring as jy gewonder het.