Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Hier staan ons aan die einde van 2010 en dis skokkend om te sien hoe word die namib steeds deur die Quadbike-ryers verkrag ten spyte van alle redelike pogings deur die owerhede om dit onder beheer te kry. Ons ry Saterdag-middag daar agterom die duine tussen Swakop en Walvisbaai en orals by die grondpad is borde opgesit wat wys dat geen quads of motorfietse word in die area toegelaat nie......en wat kry jy, sommer 'n mammie in haar bakkie met 'n plat sleepwa wat haar man en sy twee laaities op hulle quads volg terwyl hulle die duine des merdes jaag!
Ons stop die pappie en sê vir hom dat die gebied verbode vir quads is en hy is baie verbaas, nogal, en skerm dat hulle nie geweet het nie en vra toe sommer ook nou waar mag hulle dan nog duine jaag as alles dan toegemaak is? Ons sê toe vir hom dat daar afgebakende gebiede is by Langstrand en by Duin 7 waar hulle na hartelus kan gaan ry, maar hierdie betrokke gebied is baie sensitief. Hy reken toe nogal hulle sal padgee, maar net om die eerste duin verder, toe skrou die quads en daar gaat hulle, duine uit.
Wat my die meeste die moer in maak, is dat dit nie eers 'n buitelandse besoeker is wat ek voor kan kwaad word nie! Dis een van ons eie Otjiwarongo-manne wat die duine so verkrag en reëls verontagsaam. Hoe kan ons enigsins verwag dat die buitelanders binne perke sal bly as ons eie manne so optree?
Julle is bewus van die nuwe Dorop-bewaringsgebied wat eintlik die hele kus waar mense se voete vandag staan insluit en slegs die munisipale dorpsgebiede uitsluit? Dit is van 1 Desember af reeds in werking en kan natuurbewaring enige oortreder vasvat. Dit beteken dat jy nie meer sommermeer van die pad af in die woestyn kan inry nie want dan is jy in bewaringsgebied en kan gestraf word. Baie mense is hoopvol dat hierdie ding idiote wat dough-nuts in die woestyn langs die pad maak, asook die wilde gejaag in die woestyn met quads en motorfietse sal stopsit, maar ek is nie so hoopvol nie. Dit sal steeds moeilik wees om die wet toe te pas want hoe beheer jy so 'n groot gebied en met wat vang jy 'n oortreder?
Dus, niks het vir my verander nie. Die enigste werkende oplossing sal wees om ALLE motorfietse en quads van die kus af te verban en sit enigiemand wat daarmee in hierdie gebied ry, summier vir 'n jaar of twee in die tronk. Ons het juis sulke LEKKER tronke! Verkoop sy quad ten behoewe van natuurbewaring.
Replies
Dit is jammer dat mense met
Dit is jammer dat mense met so 'n arrogansie nie die volle implikasie van sy dade kan insien nie, of dalk is dit 'n geval van selfsug. Ek self is 'n quad ryer, maar stel nie belang in die sprort tipe quads nie. Ek het utility quads. Ek is ook van suidwes gebore en getoë. Tog moet ek sê dat daar maar by quads en 4x4 (bakkies) mense is wat sulke onnosele gedrag openbaar. Dalk het hulle in die ry gestaan toe "manners" uitgedeel is en hul dog dis "spanners" toe wou hulle niks hê nie. Hulle besef nie hoeveel mense hulle benadeel met hulle plat agter die brug houding nie. Ons het ook 4x4 en motorfietse gehad vroeër jare maar nêrens was dit nodig om met 'n wet ons uit die duine of die strande te hou nie, want ons het geweet wat jy vandag vernietig is jy more kwyt. Ongelukkig sal wat ek en Ben en suidwester sê nie saak maak nie. Die verantwoordelikheid begin by die mense self.





Suidwester. DIT JAAG MY
Suidwester.
DIT JAAG MY GEMOED OOK SOMMER IN DIE ROOI.