Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.

Die seisoen is soort van verby langs ons kus en die aaklige spore en kringe van die 'dough nuts' gemaak deur die quads le daar vir almal om te sien. Sonder 'n gedagte wat dit aan die woestyn doen, gedryf deur alkohol en adrenalien wat die IK tot nul laat daal, jaag hierdie mense doelloos rond en in die proses is hulle besig om die hele kus groot skade te berokken.
Ons kus het een groot aktiwiteit, naamlik hengel, wat meeste vakansiegangers trek. Omdat die kus so uitgestrek is, is ry met 'n 4x4 op die strand eintlik noodsaaklik. Besluit die owerhede om die kus vir alle voertuie te sluit agv die quads se gemors, gaan dit katastrofiese gevolge he vir ons toerismebedryf.
Wat is die oplossing? Pertmitte en beperkte gebiede is probeer, maar hoe pas jy dit toe op 'n voertuig en sy drywer wat jy eintlik nie sommer maklik kan vastrek nie? Hulle het hulle kans gehad om te wys dat hulle 'n poging gaan aanwend om binne die reels en regulasies te bly en het nie, so, VERBAN ALLE QUADS van ons kusgebied af!! Maak die reels eenvoudig: Word jy gevang met 'n quad nader as 100km van die kus af, konfiskeer dit eenvoudig en beboet die eienaar wat die wet oortree. Maklik soos dit.........
Replies

Ek vermoed daar steek meer agter die skade wat quadbikes sowel as viertrekvoertuie in sensitiewe duingebiede aanrig as bloot net spore wat moontlik kan toewaai. As mens die Windhoekse pers soos die Republikein dophou is dit ooglopend dat eienaars van beide viertrekvoertuie sowel as quads hulle werklik te buite gegaan het die afgelope seisoen, ten spyte van owerhede en ander goedgunstige partye se pogings om te beheer en te kontrolleer. Suidwester het dus tereg rede om strenger maatreëls aan te moedig en ek vermoed die Namibiese owerhede gaan na hom luister. Tewens, ek hoop van harte die Suid-Afrikaanse owerhede werk nouliks saam in die proses deur 'n forum soos die National Off-Road Workgroup (NOW). ‘n Vriend uit my kinderjare in Okahandja is egter die eienaar van Desert Explorers, ‘n besigheid in Swakopmund wat quadbike toere en pretritte aanbied. Ek weet hy bly binne die reëls en werklik nou saam met die plaaslike owerhede. Sy quadbikes mag slegs binne afgebakende gebiede ry en sy gidse is ook goed opgelei. Hy verskaf werk en help toerisme in Swakopmund en aangrensende gebiede aan. Ek wil dus ‘n lansie breek vir sulke operateurs, sodat wanneer die owerhede nuwe riglyne instel, of selfs oorweeg om quads te verbied, die spreekwoordelike baba nie saam met die badwater uitgegooi word nie. Jip, ek is ‘n oud-motorfietsryer maar het inderdaad nie self ‘n quadbike nie. Dog die tipe voertuig het klaarblyklik ‘n definitiewe plek in toerisme en natuurlik in ander sektore soos landbou en bosbou. Ekself wil nog baie graag die Namibiese Weskus en aangrensende hinterland op ‘n begeleide toer met ‘n quadbike verken, so ook Sojapan en Kubu in Botswana. Ek weet in beide gevalle word gekontrolleerde quadbike-toere aangebied.

Eugene: Moenie dat jou onkunde vir jou 'n las raak nie! Die gemiddelde 4x4 se spore hou soort van op ou spore eenvoudig omdat dit makliker is om op gevestigde spore te ry. Daarenteen is die jaery met die quads bloot om te kyk hoeveel sports jy kan maak. Verder weet jy duidelik nie wat in die Namib aan die gang is nie! Jy sien alles as bloot sandduine en wind en glo vas dat alles weer toewaai.....ja? Wat van die gruisvlaktes agter die duine? Daar is plekke waar ossewaspore reeds vir 100 jaar steeds sigbaar is! Het jy al ooit gesien hoe kerf 'n quad se wiele groewe uit op daai gruis? En jy reken 'n wind gaan jou sondes weer kanselleer?
Ja ek kla baie oor die misbruik van ons natuur en jou houding gee dit rede.....

Ferdie: Ek stem saam dat die toeroperateurs wat quad-toere aanbied gaan ly onder 'n algehele verbanning van quads. Die oplossing sou wees om spesifieke areas vir hierdie operatuers te gee waarin sy huurders mag ry en dat hy dan pa staan vir enige onregmatighede wat in die gebied mag plaasvind. Ook as een van sy ryers buite sy grense gaan, gaan hy daarvoor beboet word. Dit sal veroorsaak dat die operateurs baie strenger maatreels sal stel oor wie en wat sy quads huur. Van hulle verhuur huidiglik nie net quads as deel van 'n toergroep nie. Jy kan 'n quad gaan huur vir 'n tydperk en dan ry waar jy wil.....want niemand beperk jou werklik nie.

Ek ondersteun Suidwester ten volle. 99,0 % van alle Quad Bike gebruikers tree soos onopgevoede wesens op en ek voel so sterk hieroor dat ek wetgewing sal ondersteun wat Quad Bikes tot die eienaar se erf beperk. En ja Eugene jy is reg, ek het nog nooit een gehad nie en nee jy is verkeerd ek kan een bekostig maar dit is hierdie tipe eienaars wat verseker dat ek ook nooit een sal koop nie.

Ek dink hierdie is werklik 'n sensitiewe saak wat met die kop en nie met die hart geredeneer moet word nie.
Soos met enigiets anders, kan quadfietse ook misbruik word. Glo my ek het 'n vrien wat tydrenne met 'n quadfiets ry, hy het al 2 maal geval en sy heup gebreek. Ekl het al gesien hoe klein kindertjies lyk wat teen 'n muur met 'n quadfiets gebots het waar sy ouers windgat was en nie beheer uitgeoefen het nie. Ek het al gesien hoe ry 'n vriend van my in die Vergeleë gebied met 'n warmgemaakte quadfiets van 650 cc, totdat ek mooi met hom gaan sit en praat het en verduidelik dat dit lekker is om te "perform", maar of hy al gedink het hoe gaan hy lyk as iets skeefloop? Glo my, die outjie was daarna baie kalm.
Ek is van mening die quadfietse dra baie by tot die toeristebedryf, skep werk, en dees meer. Streng wetgewing moet toegepas word, maar wat aan die kant is van Ferdie Lochner se vriend soos hierbo beskryf. My seun was elf daar en hy praat van die professionele manier waarom die deelnames bestuur is. Sy groep het dit gate uitgeniet en daar was geen ongeluke of beserings nie.
Vriende, kom ons ondersteun mekaar. Die misbruikers gaan ek nie jammer voor voel nie. Verder gaan dit nie net oor die wind wat die spore toewaai nie - iemand wat so sê het geen kennis van duinwereld nie! Maar wat gaan van die veldlewe, broeineste, duin diertjies, ens. oorbly as onbeheersde gebruik va quadfietse toegelaat word.
Kom ons kom almal tot 'n vergelyk en steun mekaar - ek het elkgeval min tyd vir 'n gesuipte persoon op 'n quadfiets, want dis hule wat dink hulle kan maak en breek soos hulle wil. Sterkte ouens, en geniet dit op 'n mooi manier. Ons is nie suurknolle of grompotte nie. Groete!

Miskien moet mens die hele proses omdraai? Ipv om reels en regulasies te wil stel waaraan quads moet voldoen, wat van die quads word totaal verban op die kusgebied tot tyd en wyl die quads as 'n groep kan vernenig en saamwerk en na die owerhede kom met voorstelle van hoe hulle gaan verseker dat hulle fietse nie skade aanrig op die kus nie. Dan het hulle mos 'n kans om die ding uit te sorteer? so sal elke ryer van quads dan ook polisieman speel op sy mede ryer om te versker dat hulle op die kus mag bly?

Ek het lank in Walvis gebly en 4x4 sowel as offroad bike gery. Strand gery en ook duine en dele van die woestyn. Dit was nou die tyd voor die quads. Strand langs tot Henties dan Ugab droeloop tot op n punt waar ons deur die woestyn tot by Spitskoppe. Van daar deur die woestyn tot op n punt waar ons tot in Swakop rivier kon kom. Watter mooi deel van die woestein. Af gery tot teen die duine by Swakop en duine langs terug tot in Walvis. Moeggery maar lekker. Intussen kom die quads uit en ek juk later jare vir een en kry toe een en kom toe tot die besef jy is nerens welkom nie. Ons het Suidwes plat gery en dit met groot respek vir ons land. Ons woestyn toere verander toe in n gemors van "woestyn runs". Wat was lekkerder as om Sondag oggend van myl 8 na Henties strandlangs te cruise met 4x4 of bike. Ek dink daar is twee tipes bike ryers, die groep wat jy moet doodskiet en die wat jy saam die natuur kan geniet. My voorstel is skuif die Paas en Desember "runs" na die Kuiseb canyons en los die duine en woestyn vir die wat hulle 10 dae kursus in woestyn lewe by natuur bewaring geslaag het. Geniet jou wiele maar moet nie in die common groep val nie.

Was in Dubai woestyn roetes en daar kan jy n voorbeeld kry van hoe owerhedes teen quads optree

Suidwester,dis jammer dat jy my nou so aanval.Soos ek gese het ek lewer slegs kommentaar.En dit was slegs gemik op duinery,langs die kus.Ek weet hoe daai panne lyk en sal dit nooit waag om daarop te ry nie.As ek jou vrekeerd opgevryf het,jammer.Dis nie wie ek is nie





Ou knorpot suidwester.Ek praat dit nie goed nie.Lewer net kommentaar.Al die spore van ons 4x4 wat daar deurry se spore is binne n dag weer toegewaai.N voertiug weeg meer as n ton,n fiets nie meer as 120 kg nie.Is dit die geraas wat jou pla as jy visvang of die feit dat jy nie n quadbike gehad het in die ou dae nie?Jy moan op elke blog.Kry n lewe man.