Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Ons het einde Desember 2010 'n draaitjie gemaak in Pella by die kerkie oppad terug van 'n uitgebreide toer.
Oppad so deur die dorpie het ek 'n man gesien wat wink en waai en my aandag probeer trek. Ek het hom ignoreer en aangery na die kerkie toe. Voordat ons nog kon uitklim is die man by ons en vertel ons dat hy geld insamel vir 'n rugby toer en ook om die strate van Pella geteer te kry. Hy het net R65.00 donasie gevra.
Ek was in 'n gemoedelike stemming en het hom toe laat saamry na die winkeltjie om die hoek vir sy donasie. My intuisie het egter nie saamgestem nie...
Met die dat ek uitklim en winkeltjie toe stap, vra ek vir ander inwoners oor die beoogde rugbytoer... "Ons weet nie daarvan nie, meneer..." kom die antwoord half verleë...
Met die R65.00 in my hand stap ek terug na my voertuig toe waar die man laaaang stories te vertelle het vir my vrou en dogter. Toe ek 'n deel daarvan klaar geluister het, besluit ek om nie die geld vir hom te gee nie, maar wel terug te ry en dit vir die kerk te gee. Hy was onthuts met my en half vyandig aangekyk...
By die kerkie vertel ek die storie vir die non aan diens en sy is toe bekommerd dat ek wel die geld vir hom gegee het. Sy lig ons toe in dat die 'n bekende booswig is wat pille en derglike dinge verkoop onder die skoolkinders daar en dat hy loop en spog in die dorpie dat hy baie maal oor 'n duisend rand 'n dag uit die besoekers maak!
Juanne
Replies
Hy was by my ook maar ek het
Hy was by my ook maar ek het niks gegee nie.





Hy het my ook probeer vang
Hy het my ook probeer vang met die storie maar ek het hom net my klein geld gegee.Dit was in Oktober 2009