Is ons gebruikers gek, of wat?
Get connected: comment, discuss, share your experiences and air your opinions on Drive Out’s 4x4 off-road and African overland travel-enthusiasts’ forum.

Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.

Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.

Laasnaweek sit ek in die skadu van 'n groot anaboom langs die Ugabrivier en wag vir die son om te sak en die wind om bietjie te gaan lê sodat ek vuur kan maak en my wors te kan braai.   Blaai so deur 'n motortydskrif en die motorverkoopsgetalle vir end laasjaar maak interessante leesstof.   Gooi jy die Hilux en die Fortuner se verkope bymekaar, dan verkoop hulle maandeliks amper meer voertuie as die res saam!   Voeg jy egter nog die Quantum, Corolla en Yaris se verkope by, dan is SA duidelik Toyota-gebied.   Die algemene publiek koop duidelik Toyota.

Maar dan blaai ek verder en hulle maak 'n lys van al die beste voertuie in die verskillende segmente en hulle ken die beste voertuig en sy opvolgers in elke segment toe.   Slegs in die bakkie-segment haal die Hilux die 'beste voertuig' kategorie, sy dubbelkajuit glad nie.   Die Fortuner kom nêrens nie en die Quantum-bus veloor sleg teen die VW-bus wat glad nie eers onder die top 10 verkopers kan kom nie!   Die Corolla is vervelig, maar tog verkoop hy op 'n paar na die meeste van al die passasiervoertuie!   Dit is baie duidelik dat die kopende publiek se opinie BAIE verskil van die motorjoernaliste s'n!

Toe sit ek en wonder wat kwalifiseer 'n motorjoernalis?   Is die persoon eers 'n joernalis en dan 'n motorkenner?   Of motorkenners wat oor motors skryf?   Koop hulle ooit een van die voertuie en beoordeel hulle die voertuig uit 'n eienaar se oogpunt uit?   Ek kan myself indink daar's 'n drastiese verskil tussen die eienaar en net 'n lener se oogpunt uit.   Leen is mos goedkoop!

Vanoggend toe ry ek in ons dorp en hier by die een besigheid is 'n flappery aan die gang soos nuwe karre gevat en gery word deur 'n spul vreemde mense wat baie netjies aangetrek is, onder andere 'n paar vrouens wat duidelik nie van die platteland is nie.   Die hare en klere perfek en sulke hoë hakke waarop hulle moeitevry balansseer.   Met die pakkie dokumente in die hand, die geborduurde vervaardigersbaadjie wat sy nie haar verwerdig om aan te trek nie en donkerbril op die kop, spring sy in die SUV en trek met knarsende bande daar weg om die kar te gaan 'toets'.

In daai lêer van haar is die tegniese data van die karre, fotos wat hulle in die tydskrifte kan gebruik, ens.   Sy moet net die ryervaring inneem en dan op die einde van die artikel skryf:   Ek laaik hom kwaai.   Dis hoe motorbekendstellings werk!   Die gevolg is natuurlik dat dit wat uiteindelik die tydskrf haal, is presies wat die motorvervaardiger beplan daar oor sy voertuig geskryf moet word.

Nou skryf die mense van hoe indrukwekkend voertuie is, maar die kopende publiek het 'n heel ander opinie!   As 'n man self vir sy kar betaal, dan raak herverkoopwaarde, herstelkoste en betroubaarheid van eerste belang en dinge soos mooigeid, moderngeid en verveeldheid is eintlik eers nie meer 'n faktor nie.

Nou wonder ek op my eentjie hier:   Bekommer dit nie die joernaliste dat hulle die pot so lelik missit nie?   Ek meen, as mens praat en praat en almal vertel vir jou jy lieg, dan moet dit jou die een of ander tyd begin pla dat jy jou werk nie reg doen nie, of hoe?   Dis nou natuurlik ás jy jou tydskrif vir jou kopende publiek skryf!   En dalk lê die rede vir sukkelende motortydskrifte dan ook net hier.   Die padtoetse van meeste van hulle is basies dieselfde want dit word deur dieselfde instansie voortgebring:   Die motorvervaardigers self! 

Replies

ek self ry n Hi Lux 2.7

ek self ry n Hi Lux 2.7 petrol enkelkajuit en ek het onlangs vir ma die nuwe 1.6 Corolla gekoop omdat sy voorheen reeds twee gery het (ook 1600 cc's) en so gelukkig was met albei van hulle.

Die nuwe 1.6 is wel so groot soos die ou camry motor, maar brandstof verbruik het geklim van 6.1 l/100 km na 9.4 l/100 km van die ou Corolla na die nuwe. die nuwe se petrol pedaal het aanhoudend vasgehaak en Toyota het die fout aan haar skoene en die mat toegeskryf, todat die groot terugroep gekom het. Ek het darm gelukkig van hom ontslae kon raak vir iets meer ekonomies. n 3.2 Pajero diesel kort wielbasis.

Die 2.7 Hi Lux vaar nie veel beter nie. Toyota kan glad nie die "flat spot" opspoor nie en blammer vuil brandstof daarvoor. Teen 5.7 km/liter en teen die huidige brandstofprys is ek maar bly sy herverkoop waarde is redelik hoog, want dit het tyd geword dat hy ook n nuwe baas kry want as die arabiere ons nie uitroei nie, sal hy

Reply to this topic

All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association