Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Hi Is daar iemand wat dalk Nossob tot Mabua gaan ry 26,27 Desember 2009. Ons is net 1 voertuig en ek wil graag gemoedsrus hê dat daar nog voertuie op die pad gaan wees ingeval mens hulp nodig het. Dit is ons eerste keer wat ons Mabua toe gaan. HS
Replies
Hi HS, ek sien die draad is
Hi HS, ek sien die draad is al 'n paar dae oud maar nie te min. Ek ry Des Mabua toe vir die 3de jaar agtereen. geen probleem daar sal genoeg karre op die pad wees indien iets gebeur - nou bedoel ek nie hordes nie maar daar sal ander ouens ook wees. Het ook laasjaar Desember alleen gery, vir gemoedsrus kan jy dalk oorweeg om 'n Satelietfoon te huur, hulle kos so R50 per nie baie vir die gemoedsrus nie. Mabua - Nossob is nogals lank en die somer is dit nogals uitmergelend - maar die Swembad by Nossob maak op vir die lang warm pad. Julle sal Mabus geniet.
Hi HS. Ons het in September
Hi HS. Ons het in September alleen vanaf Nossob na Mabua gery. Dit was heerlik. Ons het stadig gery en die natuur en paadjie baie geniet. Het gestop vir elke voeltjie en fluitrot. Ons het oornag op Matopi 2. Stoksielalleen in die veld. Dit was 'n heerlike ervaring. Daar het deur die loop van die dag ongeveer 5 voertuie in albei rigtings by ons verby gegaan. Daardie pad is deel van die vakansie. Lekkerrr!





NEe jammer HS. Ekkan wel se
NEe jammer HS. Ekkan wel se dat daai pad redelik "besig" is. Jy sukkel om plek te kry in Mabua. Ek die pad April alleen gery van Mabua af na Nossob (Die onderste een - wat 'n 2 rigting is. Isuzu 300 met echo 4 trailer. Nie moeilikheid gehad nie. Daar een wilder duin nader aan Nossob. Veral van Nossob se kant af bietjie lank. As jy nie momentum het nie mag hy dalk moielikheid maak as jy trailer sleep. Dis redelik ver Mabua toe. jy ry jou stert af. Pad is nie reguit nie, my kids het nogal karsiek geword... Ek sou voorstel jy probeer maar by motopi slaap. Daar boggerol ,maar dan kan jy rustiger ry. Van Mabua pan af omtrent 170 km sandpad, sinkplaat, baie draaie. Mabuas great! Onthou net al die kamplekke het nie fasilliteite ni. Sommige nie eers water nie.