Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Tussen Exelsior en Clocolan in die Vrystaat lê die Korannaberge. In die berge is drie plase wat uitdagende 4x4 roetes aanbied om aan te durf.
Die eerste wat ons aangepak het was Koranna Merrimetsi, saam met gids Danie.dit was nogals `n belwenis om saam met Danie tot bo op die plato te ry. Hy het ons dinge laat doen wat ons geglo het ons sou nooit met `n voertuig kon regkry nie. Ongelukkig het die plaas van eienaar verander en word daar nie meer op die roete gery nie nie,
Afgelope naweek het ons Koranna Wegbreek besoek. Die akkomodasie, in die form van hartbeeshuisies was netjies skoon en gerieflik en die uitsig oor die plaas was uitstekend met `n atmosfeer van rustigheid. Die twee roetes (plato en kloof) was uitdagend en die baie reëns die afgelope tyd het gesorg dat die gras hoog en ruig was en dat dit soms moeilik was om die spoor te volg. Na heerlike reën Saterdagaand het die nat kleigrond die kloofroete sondagoggend in `n riller verander. Ons het so diekwart gevorder voordat ons bsluit het om om te draai. Vir ons het dit absoluut onmoontlik gelyk om die laaste 500m met ENIGE 4x4 tot bo op die berg te vorder.
Dit was `n heerlike uitstappie. Ons enigste kritiek was dat die eienaar meer aandag moet gee aan instandhouding van die roetes, die gras dalk meer gereeld te sny en beter rigting aanwysers aan te bring en `n lekeer boskamp te bou waar mens met jou bostryler kan kampeer.




