Boshuapas in Nam met 'n waentjie?
Get connected: comment, discuss, share your experiences and air your opinions on Drive Out’s 4x4 off-road and African overland travel-enthusiasts’ forum.
Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.

Man, ek soek die hele wêreld vol en niemand kan my help nie. Ons beplan 'n Namibie toer in Maart. Ons wil graag die C28 van Windhoek af ry oor die Boshua pas. Volgens inligting mag mens blykbaar nie die pas met waentjies ry nie. Is dit so of doen ons dit op eie risiko. Waar staan ons?
Ons ry met twee Prado,s, een Fortuner en 'n Nissan Murano. Ons sleep ook twee "offroad" sleepwaens. Kan ons dit aanpak of wat sal julle aanbeveel?
Ben

Die amptelike weergawe en
Die amptelike weergawe en volgens padtekens op die pad, is dit nie toelaatbaar nie. As 'n verkeersman julle daar gaan vang, kan hy julle dalk 'n boete skryf en dwing om om te draai. Die kans daarvoor is nie groot nie.
Die baie skuins gedeeltes is egter geplavei deesdae en is die pas nie meer so moeilik nie want dit verspoel ook nie meer so kwaai nie. Ek sou reken dat enige voertuig met donkieratte 'n sleepwas daar sal kan uitsleep. Moet egter nie vriendelikheid te wagte wees as julle probleme optel op daai pad met 'n sleepwa agter jou en die boere van die area is nie bereid om jou te help nie, want daardie pad is hulle lewensaar en voertuie met karavane en sleepwaens agter wat die pad plek-plek stukkend grawe dalk, én daar is padtekens wat dit verbied, gaan nie so lekker af nie.