Minwater Naby Oudtshoorn
Get connected: comment, discuss, share your experiences and air your opinions on Drive Out’s 4x4 off-road and African overland travel-enthusiasts’ forum.
Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.
Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
Sun, 12/27/2009 - 21:44
janminnie

Joined: 12/18/2009
Ek was gelukkig om op die 22ste Desember die Minwater roete te gaan ry, net voor Kersfees.
Ons was n groep met 3 voertuie, n Jeep Grand Cherokee, Isuzu Frontier en n Colt Rodeo. Ons is baie vriendelik ontvang deur die eienaar Louis, en hy het die roete, wat wissel van n moeilikheidsvlak 3 tot 5, dadelik aan ons verduidelik.
Ons het vinnig besluit dat ons nie regtig lus het vir die vlak 5 oefeninge, waarvan daar twee gedeeltes op die plaas is, nie. Die roete het n lieflike piekniek terrein, wat deeglik beskud is met die mooiste koeltebome en netjiese toilet geriewe.
Louis het ons vertel van n lekker uitdaging wat nie op sy kaart aangedui is nie naamlik, “Die Muur”, n stewige 35° helling teen n klipwand op. Hy het genoem dat die manne wat die hindernis baasraak baie kan he om op trots te wees, en soos mens kan verwag van n groep mans wat alleen in die bos is, het ons nie op ons laat wag nie. Ons het daarna die “Rooiberg” roete gery, ek sou se n vlak 3 uitdaging. Na sowat 7km was ons bo- op die berg met n wonderlike uitsig oor die Swartberge aan die een kant en die Outeniqua berge aan die ander kant. Oudtshoorn was ook baie mooi sigbaar.
Louis kon nie uitgepraat raak oor al die plantsoorte op die roete nie, bekende en selfs baie skaars soorte is volop te sien soos mens deur die roete beweeg.
Die roete is definitief aan te beveel en ook geskik vir sommer net vir n lekker dag-uitstapie.




