Namibië - Wonderlike Special
Get connected: comment, discuss, share your experiences and air your opinions on Drive Out’s 4x4 off-road and African overland travel-enthusiasts’ forum.

Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.

Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.

As jy nog nooit die  wonder van Soussuvlei of Sesriem Canyon in Namibië ervaar het nie, nou is jou kans!

 

Agama River Camp bied nou ‘n wonderlike spesiale aanbod aan vir alle Suid Afrikaners en Namibiers.

Vir net N$590 (N$1 – R1) per persoon per nag, insluitended ‘n vol ontbyt asook ‘n smaaklike 3 gang aandete.

Prys geldig tot 31 Julie 2011.

 

Die kamp is slegs 48km vanaf die ingangshek na Soussusvlei.

Hulle spog ook nou met 10 nuwe, ruim, stylvolle, en-suite kamers, met lugreëling. Elke kamer het sy eie deck, wat jou die geleentheid bied om die wonderlike sonsondergange oor die Naukluft berge te aanskou, asook die opsie om op die dak te slaap en die sterrehemel te bewonder (reël net asb vooraf).

 

Verder bied Agama River Camp ook 8 lieflike kampeerplekke aan, asook ‘n heerlike swembad om in af te koel, na ‘n lekker lang dag tussen die duine.

 

Bespreek by naf@iway.na of kontak hulle op 061-223712.

Vir verdere inligting en fotos (julle moet dit sien), besoek gerus hulle webwerf by; www.agamarivercamp.com

 

(ek wil graag net byvoeg dat ek geen verwantskap met die kamp het nie. Ons het in Junie/Julie 2009 ‘n drie weke toer deur Namibië meegemaak en Agama was beslis die hoogtepunt van ons toer. Jon & Monique het my onlangs in kennis gestel van die nuwe chalets asook die spesiale aanbod en ek wou dit ook graag net met julle deel.)

 

Indien julle wel Agama besoek, stuur asb vir Jon & Monique groete van my.

Replies

Reply to this topic

All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association