BLYWEG
Get connected: comment, discuss, share your experiences and air your opinions on Drive Out’s 4x4 off-road and African overland travel-enthusiasts’ forum.

Feel free to add your voice to this forum by clicking on your topic of interest and submitting your comment.

Alternatively, if you wish to add a new thread simply “Sign in” with your username and password at the bottom of the page. Then click on the category that your new thread will be related to and add your new topic.
ELMO
Joined: 10/29/2009
User offline. Last seen 2 years 2 days ago.

Ek het die voorreg gehad om vroeg in Augustus blomme te gaan kyk in die Springbok / Hondeklipbaai omgewing, en soos die geluk dit wou he, publiseer jul toe 'n artikel met roetes teen die Weskus op, wat baie handig te pas gekom het.
In die artikel maak die skrywer (met reg) beswaar teen die kampeerders wat die omgewing met rommel bemors, maar absoluut niks word gerep van die totale omgewingvernietiging wat deur De Beers daar aangerig is nie!
'n Paar blikke en bottels kan nog opgetel word, maar die mynbedrywighede het die hele landskap permanent verwoes, en die paar skadunette wat veronderstel is om erosie teen te werk, is kosmeties, en ook die enigste groenigheid op die mynhope.
Dit is verstommend hoe ons soms na detail omsien terwyl die groter probleem totaal geignoreer word, of is die ekonomiese oorwegings weereens groter as bewaring....?

AttachmentSize
00000000(533).JPG295.35 KB
00000000(532).JPG288.38 KB

Replies

Marilize Nel
Joined: 01/04/2011
User offline. Last seen 5 weeks 13 hours ago.

Jy het 'n definitiewe punt beet! Die verwoesting en verwaarlosing wat daardie area deurgeloop het a.g.v. De Beers is afgryslik. Ongelukkig blyk dit dat die ekonomiese oorwegings beslis groter is as bewaring aangesien dit duur gaan kos om die mynhope te rehabiliteer.

Talle mense het al beswaring gemaak teen die verwoesting wat De Beers agter laat wanneer die diamante klaar gemyn is. Aangesien elke enkele diamant deur De Beers se hande gaan is daar nie veel hoop dat hul mag gaan verminder nie. Tensy mense ophou om blink klippies te koop.

Hoe dit ook al sy, met volgehoue publisiteit en aanhoudende beswaar sal De Beers hopelik een of ander tyd begin om die mynhope te rehabiliteer. Al wat ons kan doen is om aan te hou omgee :)

Reply to this topic

The content of this field is kept private and will not be shown publicly.
All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association