Lesotho toe?

Ek het die lus ontwikkel om net 'n paar dae Lesotho toe te ry, wil dit voor paasnaweek doen. Ek kry nie die inligting waarna ek soek op die web nie.


Ek glo daar is iemand wat my kan raad gee as ek die Katse dam wil besoek. Ons gaan tent opslaan en wil weet hoe lyk die kampeer plekke daar en sal ek vooruit moet bespreek.


Wat is die 'moets en moenies' as ek met vleis en ander kos by die grenspos kom. Ek gaan van Bloem af na Maseru toe ry.


Wie sê wat?


Pieter

Comments

Pieter, dis dalk te laat, maar hier is bietjie info. Ons was 19 tot 22 Maart in Lesotho (met JJ4x4 Adventures). Die begelyde toer by Katse is 11am en kos R10 per persoon. Katse info centre: (00266) 229 10377. Sani Pass is n moet (as jy 4x4 met low range het). Black Mountain pass is n moet. Bokong Nature Reserve is baie mooi. Die Mafika Lisiu pas is manjefiek. Vleis en kos is ok. Slegs 1 liter drank. Kampplek? Ons het in Fouriesburg Inn gebly. Maar vra dalk by Bokong Nature Reserve (00266) 22460 813.

Add comment

The content of this field is kept private and will not be shown publicly.
All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association