Dink 'n Bietjie

Ek dink Toyota voertuie verkoop goed omdat hulle goed verkoop nie omdat hulle soveel beter as ander bekende handelsmerke is nie.

Ek aanvaar dat ‘n groot komponent van 4X4 entoesiaste intelligente wesens is en hierdie skrywe is bedoel om 'n gesprek rondom 'n hoogs emosionele onderwerp te begin. Kom ons kyk waar dit eindig.
 
Ek is 'n bestuurswetenskaplike. Ons lei ondernemings om hul waarde  te bestuur. Ons noem dit die Q5 Value Management Process.   Maar kom ons begin almal eers op dieselfde bladsy met hierdie kort verduidelilking wat hier volg.
 
Value has two components.  They are Utility and Cost.  Cost is a sacrifice of scarce resources. Scarce resources could be money (the monetary component of price) or it could comprise non-monetary components such as time, emotional energy or trust.  When utility is high and the (total) sacrifice is low consumers experience high value. The reverse is also true. 
 
In order for one person, or organisation to attract scare resources (such as money or trust) they must offer some beneficial utility large enough to trigger an exchange process. To make this a sustainable flow of scare resources against benefits (utility) both parties must win. A win-win scenario must be created and be perpetuated.
Furthermore, there are two strong human desires – the desire to gain and the fear of losing. Often, the latter is more real than the former and therefore the stronger of the two.
 
Nou wat laat Toyota soveel beter verkoop as sy mededingers?
Moenie vertel van 'n Toyota wat jy ken wat nie gebreek het nie en 'n ander bekende handelsnaam voertuig wat jy ken wat wel gebreek het.  Dit is onwetenskaplike data (want afhangende van na wie jy luister, kan die teendeel ook vertel word).
 
Ek gaan eers hier stop. Miskien wil jy nou al iets sê?
 

Kom ons gaan nou verder.  (Dit is belangrik om die verduideliking wat ek hierbo in Engels geskryf het te begryp.)
Suidwester het 'n paar interessante punte gemaak. Ek stem saam dat kwaliteit en betroubaarheid van lewensbelang kan wees - en dit was juis my punt met die vraag of die Toyota soveel beter as ander bekende handelsmerke is, of is dit 'n psigose wat deur 'n saamloop van omstandighede geskep is?
Toyota het beslis 'n paar basiese dinge reg gedoen. Die motorplan was 'n briljante skuif om die “sacrifice” waarna ek hierbo verwys (beide die geld komponent en die risiko faktor) so klein as moontlik te maak en daarmee het hulle die “utility” vergroot – die waarde aanbod van Toyota het m.a.w. toegeneem. Maar dit het hom nie beter as al die ander bekende handelsname gemaak nie. Ek herhaal – Toyota se waarde na die oordeel van die publiek het toegeneem sonder dat sy fisiese produk komponente enigsins verander (verbeter) het.
Toe gebeur daar 'n interessante ding wat verdere momentum aan Toyota se reeds goeie verkope verleen het. Omdat Toyota goed verkoop het, was daar meer handelaars, beter verspreiding, beter kwaliteit handelaars, beter geografiese rugsteun, beter beskikbaarheid van onderdele, goedkoper onderdele a.g.v. skaalvoordele, meer geld vir reklame en so het die momentum groter en groter geword – en so ook die psigose – want mense het begin praat (mekaar aangesteek) en so het 'n volgelingskultus ontstaan. Só erg dat mense soos Suidwester praat van “onvernietigbaar betroubaar” – maar op grond waarvan? Is die materiaal en die spesifikasies van die 3.0D-4D Toyota enjin beter as bv. die Isuzu, Mazda/Ford, Nissan, Mercedes Benz, BMW, Audi of Volkswagen? Hoekom word daar nie van hierdie enjins as “onvernietigbaar betroubaar” gepraat nie?
Hierdie momentum ontstaan en word lewendig gehou a.g.v. 'n volgelingsmentaliteit. Min mense kan (wil) vir hulself dink en volg geriefshalwe die massas. Hulle koop handelsmerke om vele ander redes as op grond van werklike tegniese meriete. Daar is vele voorbeelde in die geskiedenis waar die massas nie noodwendig reg was nie maar die skaapsindroom die oorhand gehad het. 
Ek verander dus my openingsvraag na 'n stelling dat Toyota goed verkoop omdat dit goed verkoop – dit is nie noodwendig 'n beter voertuig as die ander bekende handelsmerke nie.

 

Comments

Ek luister graag na mense met ondervinding en miskien is hier nou geleentheid vir 'n nuwe debat.  Die Geladenwagen is terug in Suid-Afrika. Wat my opgewonde maak is dat, net soos die Land Cruiser en die Defender, dit 'n klasieke bakvorm het - ongeveer 32 jaar oud.  Maar anders as hierdie twee dinosourusse is dit in alle opsigte 'n moderne en gerieflike voertuig.  Alles wat in 'n ander meer as meer as R1 miljoen Mercedes Benz te vinde is, word in die G gekry (behalwe in die Professional wat 'n afgeskaalde weergawe is) en natuurlik sy eiesoortige susspensie. 

Die G se betroubaarheid is legendaries.  Hoewel vir meer as 'n dekade nie in Suid-Afrika teenwoordig nie, het dit aanhou bly verkoop aan tientalle weermagte wêreldwyd.  Dit wys maar net jy hoef nie soos Toyota bang te wees vir die toekoms en by verouderde tegnologie te bly om jou betroubaarheid te probeer behou nie – as jy weet wat jy doen, en jy het dit in jou, kan jy die toekoms verwelkom.  

 

(Ek moes net eenvoudig moedswilliglik hierdie kan wurms oopmaak!)

 

Dit is een stuk yster.  Jy maak nie sy deure toe nie, jy klap dit ook nie toe nie - Jy gooi sy deure toe).  Sy “running boards” is soliede staal – dit is “rock sliders” in die vorm van trappe.  Dit is 'n indrukwekkende voertuig (waarvan 75% wat nog ooit gebou is, nog steeds loop.  Noodwendig is daar rekords van talle wêreldwyd wat honderde duisende kilometers agter die blad het onder uiterste omstandighede – meer as 'n miljoen in sommige gevalle.  Dit is van die min voertuie wat nog hoofsaaklik met die hand gebou word (o.a. daarom sy hoë prys, maar daar is bemarkingsredes ook).  Wie het ondervinding van hierdie indrukwekkende voertuig?  Ek hoor graag.

Sommige mense kan met passie redes gee waarom hulle so lojaal teenoor hulle voertuie (of enige handelsmerk is).  Hulle is opreg en hul ondervinding is eg – dit is nie weg te redeneer nie en allermins durf mens dit kleineer.  Ongelukkig is hierdie enkele menings, hoe eg ook al, van min betekenis wanneer die vraag oor betroubaarheid van die handelsmerk beantwoord moet word, want al hierdie opregte menings is subjektief gekleur. 

Daar is wetenskaplike eise vir data insameling en ad hoc “inligting” soos bogenoemde (dit is eintlik data) voldoen aan geen van daardie voorwaarde nie – net so min soos die peilings wat so dikwels deur die massamedia onderneem word.  Dit is eintlik “garbage” wat uitkom omdat “garbage” ingevoer word.  Daarom beteken mense se hartstogtelike ervarings vir my so min wanneer hierdie vraag beantwoord moet word (behalwe dat ek dit opreg respekteer).

Topbestuurders verklaar dikwels selfversekerd dat, met hul baie jare ondervinding en noue kontak met die mark, weet hulle wat die mark se behoeftes is.  Helaas, wanneer ons egter op die regte manier data insamel, en dit reg ontleed, wag daar gewoonlik ontnugtering.  Dit werk so – en eintlik moet ek dit in Engels sê:  When a sculptor start chiselling at a rock, he knows what figure he wants to produce, however, when a statistician starts to chisel data the figure is a surprise.  Dit is een van die bewyse van objektiwiteit. 

Terug na ons passievolle vriende.  Ek het so dikwels gesien dat so 'n ad hoc persoonlike ondervinding statisties onbeduidend is (statistically insignificant).  In bestuurswetenskap word dit geïsoleer sodat dit verontagsaam kan word, want sou dit in ag geneem word sal dit die inligting kontamineer.  Seker daarom dat die vraag oor die Toyota se betroubaarheid wat sogenaamd legendaries sou wees vir my 'n amusante mite bly.  As dit 'n legende is dan is dit vir baie ander redes, waaronder die skaapsindroom, waarna ek al in vorige inskrywings verwys het, seker die grootste enkele bydraende faktor is.  Om vanuit jou ondervinding en dampkring veralgemenings te maak en te dink dit het waarde is om saam met 'n kind stip na 'n horlosie te staar vir 60 sekondes en dan kordaat te verklaar dat hierdie uur-wyser beslis nie beweeg nie.  My stelling bly dat ander bekende make net so betroubaar as Toyota is.

TURNING A LOSE-LOSE SCENARIO INTO A WIN-WIN SCENARIO

There are no bad vehicle manufacturers left in the market, but pervasive poor reputational management could diminish a brand’s reputation and inhibit sales.  This is for example why Land Rover is still the subject of jesting around camp fires in spite of its convincingly superior product.  All pundits from diverse publications have rated the Discovery 4 superior to the Toyota Prado and although unanimous in their verdict in public mass media, Toyota outsells Land Rover by significant numbers.

Purchase decisions are swayed for and against a certain brand based on perceptions that have been formed over many years.  People are less concerned with how much money has been invested on product development or by what margin the one is superior to the other before they buy a brand.  They are swayed by their own perceptions and the collective perceptions of their friends and family – irrespective of how dated these perceptions are.  More often than not perceptions are dated because few people know (or care to know) about the latest improvements.  They recall from memory whatever they have experienced, or have heard last and for them this is their current reality.

It is, therefore, critical for vehicle manufacturers to understand the basics of value management and its prevalence across value chains.  The value of huge sums of money invested into product development by the parent company could be eroded by a careless junior mechanic in a workshop somewhere in a far off country.  It is simply not sufficient to produce a superior product if the retailer and its workshop do not equal the inherent product quality with matching sales and after sales service - consistently.  This is a major challenge, because the performance of people is precarious and consistency and human nature are often strange bedfellows. 

Each link in a value chain comprises numerous critical business processes and each process must be performed at optimal efficiency in order to unlock the full value of a product that was so painstakingly planned and expensively produced by the parent company.  What a shame then when a brand does not realise its full sales potential due to sheer neglect by downstream stakeholders – a veritable lose-lose scenario.

In order to create a win-win scenario, vehicle manufacturers will do well to identify the numerous internal and external value chains prevalent in their industry and then to isolate the critical business processes with the view of evaluating the performance of each and quantify their cumulative impact on the purchase decision of a prospective buyer.  This exercise will detect and manage the numerous interdependencies hitherto impossible to recognise by experience and gut feelings.  

Hence my conviction, that other well known brands are as reliable as for example Toyota and Mercedes who both suffer from their fair share of breakdowns (i.e. gearbox problems in both brands were recorded recently) – but in spite of these dissatisfactory experiences some people remain loyal to the brand because of deeply entrenched perceptions cultivated over many years.  And loyal people inspire other people to buy whatever they perceive to be the best brand.

Loyalty that took years to develop spontaneously could be generated and maintained in a much shorter time with proper value management.  As soon as other manufacturers discover this secret the sooner good products will experience well deserved better sales.

Would somebody care to comment?

Familiarity breeds contempt.   Ek vermoed Suidwester is 'n tiener wat agter 'n skuilnaam sy of haar landgenote in die skande steek (met die misbruik van so 'n trotse naam) en 'n verleentheid is vir ander Toyota eienaars wat ek nog altyd as intelligente en aangename mense ondervind het al korswil ons baie – somtyds sommer oor nonsens vir die lekkerte.  Hierdie onaangename tiener kan nie by die feite hou nie en wil aanhoudend persoonlik raak terwyl hy of sy die feite miskyk, ignoreer of uit verband ruk.  Hy of sy is nie tuis in volwasse geselskap nie en ek vra die redakteur om hierdie lastige emosioneel versteurde persoon in die ban te doen.  Ek sal geensins weer reageer op hierdie nuttelose gekarring nie.  Dit is verskriklik as jy nie weet dat jy nie weet nie, maar nou ja - tieners moet nog leer van die lewe.  Maar, genoeg is genoeg – hy of sy kan op 'n ander plek gaan verder leer hoe om in volwasse geselskap op te tree.

A,i en die ou oom is afgetree en verveeld nou skryf hy twak op die internet?

Weet jy, ou Niel, as jy enigsins iets van motorvoertuie geweet het, sou jy agtergekom het ek weet waarvan ek praat.   Jy's die een wat 'n breë argument oopgooi en verwag mense moet jou glo.   Maar jy's reg, kom ons skei uit, jy is rêrig nie die moeite werd om mee te redeneer nie want jy weet niks van die onderwerp af nie!


Infantiel?   Ekke?   As ek so na jou GROOT foto kyk, dan weet jy ook maar min vir 'n ou ballie!

Weet jy wat ou Niel?   Vir 'n selfgerekende slim man is jy ook maar lekker stupid!   Jy het hier met 'n 'enigiets is beter as Toyota'-argument begin en as ek so na jou hangwangetjies kyk, dan het jy ook die Ford/Chev tydperk beleef.   Jou geheue is ook vreeslik kort!   Wie het die bakkie-revolusie begin?   Die Hilux in 2005!   Hulle het begin met die diensplanne en laer pryse.   Kan jy onthou dat jou geliefde Isuzu toe omtrent nie meer kon karre swaai nie en dat hulle die V6'e amper verniet in Windhoek weggegee het?   En skielik het al die vervaardigers ook 'common rail' diesels en motorplanne.....al agter Toyota aan!


O, en die Amarok kom maar net so 6 jaar na die Hilux.   Vorsprung, in jou taal!   Maar kyk na die verkoopsyfers en dis iets wat selfs jy met jou simpel argrumente nie kan wegredeneer nie.   Hilux verkoop massas, jou Isuzu?   Niemand wil die drek hê nie!


Van enjinoordoening weet jy duidelik nie veel nie.   'n Blok word nie meer geboor nie, die enjin het 'sleeves' in, MAAR die waterkanale en vleis in die Isuzu-diesels is so dun dat die blok trek as hy oorverhit en dan druk jou nuwe 'sleeve' ovaal in.   Toyota?   Jy kan orals herverwerkde Toyota enjins en ratkaste kry.....ook vir jou Isuzu!   Voor in die wapad brand dus 'n lig vir jou!   Jy kan jou Isuzu darem met 'n Toyota-enjin ry en darem meer gereeld by jou bestemming aankom!

Mense wat emosioneel onvolwasse is, en boonop nie met feite kan werk nie gryp na persoonlike aanvalle.  'n Mens kan dit nogal by kinders verskoon want hulle moet nog leer hoe om in 'n moderne beskaafde en tegnologies gevorderde omgewing te oorleef.  Tipies van bogenoemde tipe skuil hierdie gesigloses agter 'n skuilnaam en roem dat hulle iets weet maar eintlik is hul feite net so gebrekkig as hul redenasie vermoë wat vergestalt word deur onnodige persoonlike aanvalle.

Kom ek stel die feite reg:

Betreffende die sogenaamde leierskap rol van Toyota met “common rail” enjins:

Die feite is dat Toyota nog altyd agter ander vervaardigers was wat betref tegnologie.  En dit was 'n goeie beleid want as jy altyd agter is leer jy uit jou mededingers se foute en jy bou 'n reputasie van betroubaarheid en as jy genoeg mense het wat met verouderde tegnologie tevrede is – wel dan is jy in die pond sitplekke.  Toyota het egter begin markaandeel verloor en hy was verplig om vinniger te moderniseer.  Toe maak hulle 'n fatale fout – hulle het aan hul slogan van “alles loop reg, altyd reg” gaan peuter en 'n nuwe slogan die lig laat sien “leading the way”.  Hulle het a.g.v. mark-druk hul op 'n terrein begewe, waar ander meesters was en hulle amateurs.  Boonop het hulle, om markaandeel terug te wen, basies goeie vervaardigings praktyke wat hulle altyd so getrou nagevolg het oorboord gegooi.  Daarom het hulle die grootste skande oorgekom wat enige motorvervaardiger nog ooit oorgekom het – soos o.a. hieronder gelys.  Ek wonder of Toyota ooit die leier was op enige tegnologiese terrein – beslis nie soos beweer word met die “common rail” diesel enjin nie.  Al die verduidelikings rondom die vinne wat verander is ou nuus.  Dit sal interessant wees as iemand kan laat weet waar Toyota tegnologies die leier was.

Betreffende die sogenaamde dun metaal van die Isuzu se enjin blok:

Die feite is dat moderne diesel enjins werk teen 'n baie hoë kompressie.  Die toleransies is van so 'n kritieke aard dat geen werkswinkel die noukeurigheid van die oorspronklike vervaardiger kan ewenaar nie.  Jy sal in beginsel geen moderne enjin van enige fabrikaat oordoen nie.  Dit is 'n kortpad wat op geen moderne diesel enjin vir lank werk nie.  Dit geld ook vir Toyota (en gaan toets gerus hierdie stelling).  Daarom, as jy die werk behoorlik wil doen sal jy altyd 'n nuwe “sub-assembly” insit.  Selfs vlooteienaars van groot kommersiële trokke weet 'n “sub-assembly” sal jou selfs tot 5 keer meer kilometers diens gee as wanneer die enjin in 'n werkswinkel oorgedoen word.  Dit gaan dus nie soseer oor die sogenaamde dun wande van die Isuzu nie, maar oor 'n geweldige hoe kompressie van wat uiters kritiek toleransies noodsaak vir enige moderne diesel enjin.  Is daar mense wat al suksesvol 'n Isuzu enjin oorgedoen het en is daar mense wat dit al suksesvol met 'n Toyota enjin gedoen het?

Die bewering oor Toyota se bakwerk “dan val die bakwerk omtrent utimekaar: (sic)

Die feite is dat daar is jy reg.  Ek verstaan die “uitmekaar val” ja, want as jy die bougehalte van Toyota met enige ander bakkie vergelyk is daar 'n merkbare verskil.  Klap maar net die deure toe dan hoor jy die verskil.  Voor jy reageer, gaan doen dit – dit is maar een van baie tekens.

Die bewering oor die gewaande flat-spot van die Amarok:

Die feite is dat die stellings wat gemaak is verkeerd is.  Die 400 nm word reeds teen ongeveer 1 750 rpm bereik (en nie teen 2000 soos foutiewelik beweer word nie).  Die Toyota D-4D enjin soos aangetref in die hop-&-rol (Dit is nou die Toyota Fortuner vir die wat nie weet nie) en in die Hilux ontwikkel sy piek wringkrag van 343 nm vanaf 1400 rpm (en nie 360 nm soos verkeerdelik beweer word nie).  Volgens grafieke is dit duidelik dat, teen omtrent dieselfde rpm, daar 'n groot verskil in wringkrag ten gunste van Amarok is.  Die D-4D enjin ontwikkel 300 nm teen 1000 rpm.  Teen dieselfde 1000 rpm ontwikkel die Volkswagen egter ongeveer 320 nm.  Weereens is die Volkswagen die wenner.  

Die Hilux genereer sy maximum wringkrag (343 nm) teen r/min (+-1400 – 1500) terwyl die Amarok meer wringkrag genereer (+- 380 Nm) op daardie presiese punt en daarvandaan styg dit tot 400 Nm teen alreeds 1750 r/min.  Die feit is dat die Amarok meer wringkrag as die Toyota Hilux produseer dwarsdeur sy hele “working” rev range.

 Flat spot?

Miskien sou Toyota 'n flat spot gehad het (soos die vorige BMW enjin). Maar dit is n BiTDI - daar is geen flat spot nie.

Beter enjin? Beter bougehalte? Beter laairuime? Beter brandstofverbruik? Selfs Mooier - beslis binne?  As Volkswagen nie so gesukkel het met produksievolumes nie sou dit nogal 'n interesante stryd wees.  Maar die stryd kom!    


Die onderwerp van hierdie blog is "dink 'n bietjie".  Ek kommunikeer graag met die intelligente lesers van WegRY wat vir hulself kan dink. Laat die mense wat as gevolg van hul ongegronde vooroordele en barre emosies in die modder wil ploeter maar liewer nie verder reageer nie - dan hou ons die debat op 'n ordentlike vlak.  Die feit is dat Toyota meer as 8.5 miljoen flops gebou het, die feit is dat dit regstreeks ten minste 34 mense se dood veroorsaak het, die feit is dat terwyl mense die persepsie het dat Toyota "onvernietigbare enjins bou" die werklikheid is dat Toyota erken het dat hy die afgelope ruk 270 000 foutiewe enjins die mark in gestuur het.  Dit is die feite waarteen daar geen argumente is nie behalwe commen emosies en vooroordele.  Ek sal graag 'n bewys wil sien dat Toyota die voorloper met common rail enjins was. (Terloops, dit is common rail nie commen rail nie - mense wat in die modder ploeter is commen.)  Die nuwe Isuzu enjin is beter as die Toyota se nuwe enjin en die grootste erkenning daarvan is die feit dat Toyota 'n beduidende aandeel in die Isuzu enjin aanleg gekoop het.  Wat erken Toyota daarmee? - dat hulle die geveg verloor het.  "If you can't beat them join them!  Die Volkswagen enjin van Amarok is ook kragtiger met sy 120Kw en 400 nm - seker die hoogste wringkrag van alle bakkies - en dit uit 'n enjintjie van minder as 2 liter.  Wat 'n meesterstuk- wat homself sekerlik nog moet bewys maar hoeveel keer moet Volkswagen hom nog bewys?  Maar mense met vooroordele en barre emosies sal natuurlik niks hiervan kan verstaan nie.  Dit is waar die skaapsindroom manifesteer - mense wat met halwe waarhede werk en blindelings volg sonder om vir hulself te dink.  Dit is hulle wat erg bedreigd voel as die hokke wat hulle beperkte vermoe gevange hou bietjie geskud word.

En as 'n mens nie soos jy dink nie, dan is hy nie intelligent nie?   As iemand 'n foutiewe onderdeel in 'n voertuig het, dit erken en vervang, dan is dit in jou taal 'n 'flop'?   Wie is nou eintlik die een hier met vooroordele?   Luister na jouself, man!   Trek jou pakkie uit en kom op werkersvlak vir 'n slag en jy sal agterkom dat die praktyk verweg is van die teoretiese aannames wat jy maak.   Soos die Amarok se 400NM se torque, masar weet jy werklik iets van die onderwerp?   Duidelik nie want die belangrikste ding waarna jy moet kyk is op watter omwentelinge is die torque beskikbaar.   Dan sal jy sien die Hilus 3.0D4-D se 360NM is grootliks reeds beskikbaar op 1400rpm.   Die VW s'n is eers hier by 2000 rpm beskikbaar.   Weet jy wat dit in die praktyk beteken?   As die voertuig swaar gelaai is en jy moet stadig ry, dan sit jy met een moerse flat spot wat gaan beteken jy gaan sy koppelaar laat swaarkry.   Ek dink nie jy sal dit kan begryp nie, so gaan vra tog vir iemand met praktiese ervaring.


O, en jou verantwoordelike Isuzu met sy beste enjin.   Die eerste ding wat jy doen as jou Isuzu sy ratkas 'gooi' is om  'n 22R Toyota boks in te sit.   Die Isuzu dieselenjin is baie bekend daarvoor dat as hy eers warm geword het, kan jy hom nie 'overhaul' nie want die metaal in sy blok is so dun dat sy selinders ovaal trek en as jy nuwe sleeves wil insit, dan druk hulle ovaal en werk die enjin nie effektief nie en pak gou weer op.   Beste enjin van Isuzu!   Jy laat my lag oor jou onkunde!   As jy van goeie enjins praat, gaan praat met die hoogspanningswerkers wat met hulle Hilux'e van 3.0 diesel ry omtrent altyd volspoed op grondpaaie en op 500 000km dan val die bakwerk omtrent utimekaar, maar hulle kon nog nie een van die enjins breek nie.


Oom Niel, jy weet te min van hierdie onderwerp af.   Spaar jou die vernedering en gaan sit rustig en speel op 'n ander plek op die internet.

Add comment

The content of this field is kept private and will not be shown publicly.
All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association