Hierdie “klein” 4x4’s is iets wat jy ernstig moet oorweeg

Ek, Ali en Gerrie – die nuutste toevoeging tot die WegRy-span – het gister ’n hele dag lank ’n paar klein 4x4’s getoets.
Hou gerus die volgende uitgawe dop!
Wat my opnuut beïndruk het, is hoe bekwaam hierdie “klein” 4x4’s in die veld is. Die Suzuki Jimny is ’n regte mossie-maar-man, dit weet almal. Maar wie sou kon dink dat die Daihatsu Terios so goed in die sand sou wees?
Met die regte banddruk het hy gelag vir die diep sand en ons het gou besef dat jy met die regte bande waarskynlik die meeste dele van Namibië en Botswana in hom sal kan baasraak – behalwe baie rowwe plekke soos Van Zylspas en deur water wat so diep is dat jy eerder ’n duikboot moet gebruik.
En dit lyk of heelwat lesers onlangs hulle voertuie se amfibiese vermoëns getoets het…
Hierdie “klein” 4x4’s is iets wat jy ernstig moet oorweeg as jy ’n veelsydige ding soek waarmee jy in die stad kan rondry en nou en dan die agterpaaie wil besoek.
Boonop gebruik hulle so min brandstof dat jy kopskud by vulstasies.


Add comment

The content of this field is kept private and will not be shown publicly.
All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association