Op die Rebellie-4x4-roete naby Clarens in die Oos-Vrystaat word die koring van die kaf en die manne van die muise geskei, het Philip Sackville-Scott agtergekom.
Die Cruiser luier rustig terwyl ek probeer uitpluis hoe ek teen ’n baie skuins berghang gaan afry, oor ’n smal staalbruggie skiet en aan die ander kant teen ’n ongelyke, gladde, steil hang gaan uitry – alles in een beweging...
Ek sal moet links hou, want ek kan my voertuig omgooi as ek die kliptrap aan die regterkant te vinnig tref. As die enjin vrek, kan ek weer teen die berg af terugrol.