jy is reg, ek erken dat daar

jy is reg, ek erken dat daar baie behangsels aangebring is. ek verskil egter van jou opinie dat 'n bullbar, towbar, OME suspensie, ekstra dieseltenk, spots en die sulke behangsels enige impak op die elektronika van die voertuig kan meebring.

nee wat, as dit die geval is moet toyota sa 'n lys van al die mag, mag nie, moets en moenies, reg en verkeerd aan nuwe voertuigeienaars verskaf tydens die aankoop daarvan. kyk maar net om jou. die ouens behang hul voertuie en geniet hul voertuie - dis tog deel van die "sport".

ek het veel eerder te velle getrek oor toyota sa se vreeslike trae houding teenoor die hulpkreet wat ek aan hul ccc deurgegee het. dit is, en was, werklik onder die aanvaarde standaard.

Reply

All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association