Ek het die lus ontwikkel om net 'n paar dae Lesotho toe te ry, wil dit voor paasnaweek doen. Ek kry nie die inligting waarna ek soek op die web nie.
Ek glo daar is iemand wat my kan raad gee as ek die Katse dam wil besoek. Ons gaan tent opslaan en wil weet hoe lyk die kampeer plekke daar en sal ek vooruit moet bespreek.
Wat is die 'moets en moenies' as ek met vleis en ander kos by die grenspos kom. Ek gaan van Bloem af na Maseru toe ry.
Wie sê wat?
Pieter