Create your own blog

The Bakkie Project: Part 8 - WE'VE GOT IT!

A few months and a multitude of bakkies that did not make the cut later, we are now the proud owners of a 1988 Toyota Hilux 2,2 litre 4x4. Our Hilux-guru, Allan Venter, gave it the once over and a quotation for what will be needed to get it in a 100% working order. After reconditioning the rear differential, replacing the clutch and also reconditioning the prop shafts, we can proudly say that we made it under our target of R70 000 for a bakkie without any mechanical or bodywork problems. Read: NO RUST!

Die Bakkieprojek: Deel 8 - ONS HET HOM!

’n Paar maande en vele bakkies wat nie die mas opgekom het nie later, is ons uiteindelik nou die trotse eienaars van ’n 1988 Toyota Hilux 2,2-liter-4x4. Ons Hilux-kenner, Allan Venter, het hom die kennersoog gegee en ’n kwotasie van wat ons gaan nodig hê om hom in 100% werkende toestand te kry. Na die agterste ewenaar oorgedoen is, die koppelaar vervang is en die dryfaste ook oorgedoen is, kan ons met trots sê dat ons onder ons mikpunt van R70 000 ’n bakkie het waarmee ons nou kan begin werk sonder enige meganiese- of bakwerk probleme. Lees weer: GEEN ROES! 

The Bakkie-project: Part 7

So the end of 2010 came and went and as we were rubbing our eyes, January 2011 is almost finished as well. I don’t know whether it is the December-debt, but I have already been to have alook at three different bakkies.

Die Bakkieprojek: Deel 7

Ja, so het 2010 se einde verbygeflits en met soos ons die slaap uit ons oë uitvee is Januarie 2011 ook al amper verby. Ek weet nie of dit die Desember-skuld is nie, maar ek het sommer al gou weer na drie verskillende bakkies gekyk.

The Bakkie-project: Part 6

Drive Out is still looking for a bakkie...

Yesterday I came across a guy selling two bakkies. Two bakkies. Now that sounds positive, right?
    Wrong! The only positive in this case was there was no rust. But seriously that was the only positive…
    The one bakkie was a 1998 Toyota Hilux with a 2,2 litre petrol engine. (The one that got me there in the first place.)

Die Bakkieprojek: Deel 6

WegRy soek steeds ’n bakkie om op te bou en vir ’n intekenaar weg te gee. En twee is tog beter as een, of hoe? As een ou twee bakkies het om te verkoop, kan jy mos redelik positief voel dat een van hulle dalk die een is wat jy soek, nie waar nie?
So het ek toe gister na twee bakkies in Bellville gaan kyk.
Kom ons begin by die goeie punte – daar was nie roes aan die bakkies nie. En ongelukkig was dit al goeie punte…
Die een bakkie was ’n wit 1998 Toyota Hilux met ’n 2,2 liter-petrolenjin. (Dis die een wat my oorspronklik gelok het om te gaan kyk.)

The Bakkie-project: Part 5

After seeing the UMPTEENTH rust-scarred bakkie, our aspirations are getting rusty too. It is difficult to find a bakkie in the Cape that is older than 10 years without rust. The old Hilux’s all rust on the same spots and once it has dug its ugly claws in, you can cover it up but never get rid of it. We at least want to give the winner of the bakkie something that he would not need to have rust-treated every year.

Die Bakkieprojek: Deel 5

Na die SOVEELSTE bakkie wat deurtrek is van roes, begin die uitsig maar self effens geroes voorkom. Hier in die Kaap is dit moeilik om ’n bakkie te kry wat ouer as 10 jaar is sonder roes. Die ou Hiluxe roes almal op dieselfde plekke, en as dit eers mooi posgevat het, kan jy dit toesmeer, maar nie wegvat nie. En ons wil vir die wenner darem iets gee wat hy nie elke jaar weer moet invat vir roes-behandeling nie.

The Bakkie-project: Part 4

Okay, so as you know - we have a strict budget. For the bakkie and the modifications  only R120 000.

Die Bakkieprojek: Deel 4

Soos ons al voorheen genoem het, werk ons binne ’n baie streng begroting. R120 000 in totaal vir die bakkie en die ombouings. Nou goed, as ons bietjie rondsnuffel kan ons ’n bakkie kry met meeste van die basiese goed op vir heelwat duurder as wat ons beplan om te spandeer, maar waar los dit ons dan? Dan koop ons maar net ’n bakkie en gee hom weg. Dit bederf die pret vir almal.

Syndicate content
All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association