Ons 4x4-verjaardagviering

WegRy se sustertydskrif, Drive Out, is 10 jaar oud (wat WegRy ook maar eintlik 10 jaar maak omdat ons uit Drive Out gebore is).
Om dit te vier het ons ons lesers genooi om saam met ons te kom partytjie hou vir die naweek van 22 en 23 Oktober by KlipbokkopDrive Out is tien jaar gelede hier bekend gestel deur New Media Publishing se Naomi Herselman (uitgewer) en Geoff Dalglish (redakteur).

My droomlys



In die volgende jaar of twee wil ek my Hilux op die goedkoopste moontlike manier uitrus as ’n ernstige boswa, waarin ’n mens vir twee weke heeltemal selfversorgend kan wees. Hier’s die boeresom waarmee ek werk.

Gaan check’ie blomme op die Weskus!

Ek en my vrou Magriet, en ons drie kinders, het ’n fantastiese langnaweek gehad saam met ’n klompie manne van die Land Cruiser-klub (www.landcruiserclub.co.za) onder leiding van die bekende Weskusgids, Piet van Heerde (www.virosatours.co.za).

Which cover pic would you choose?

Last week, we had a one of those really rough deadlines.
We had to go to print with the August/September issue and it was one of those issues that just wouldn’t go easy. Everything was a battle. On the night of the deadline, we still had to choose our cover.

We had a choice of four.

When we choose a cover we need to consider the following criteria:

1.    The cover image should preferably come from the main story or feature

Botswana se lesse

Ek weet ek het gesê ek gaan volgende keer oor 'n lekker 4x4-roete in die Weskus Nasionale Park skryf, maar daai roete is tot dusver nog bietjie vasgekoek in die spreekwoordelike red tape van Sanparke, en ek sal maar wag tot hy amptelik oopgestel word.

Intussen was ek een slag om die Okavango, deur Kubu eiland en van Mabuasehube se kant af in die Kgalagadi in, onder by Tweerivieren uit met die ou rooi Hilux. Ek het een aand sommer so in 'n ligte luim 'n lysie gemaak van wat ek geleer het in Botswana.

Hier is dit:

Ali se blog

Dagsê mense

Dis Ali van Wyk hier - die nuwe redakteur van WegRy / DriveOut.

Ek sit nou maar vir die derde dag hier in Barnie Louw se ou kantoor en dinge is nog 'n bietjie nuut. Ek het nog nie kans gekry om behoorlik grond te vat nie en ons is al druk besig met die volgende uitgawe - die Junie/Julie-uitgawe. Van wat ek kan agterkom (!) lyk dit na nog 'n stewige pakkie vol lekker bestemmings, veral in Zambië, en wenke en voertuie.

Syndicate content
All rights reserved. © Drive Out 2009. Published in South Africa by Media24
Digital Media and Marketing Association